Wie is ons?
Lyttelton-Oos is 'n familie van broers en susters in Christus wat die Here as hulle Vader liefhet en daarom ook mekáár - én almal binne hulle invloedsfeer - met die liefde van Christus dien.
(Joh 13:35, 1 Joh 3:16, 1 Joh 4)
Ons is 'n tradisionele NG gemeente wat ook vernuwend dink en optree. Ons is al vir die afgelope 50 jaar besig om die goeie nuus van die evangelie in woord en daad in die Lyttelton-omgewing in Centurion uit te dra. Hoewel ons 'n relatiewe klein gemeente is, het ons 'n groot hart: 'n hart vir die mense in ons omgewing en 'n hart vir mense wat soekend is na lewe in oorvloed.
Ons Visie
Die Here het vir ons gemeente 'n duidelik visie gegee: om Hom te verheerlik deur dissipels te wees wat vrugte dra. Hierdie visie is gebaseer op Joh 15:8.
Ons Droom
Hoewel ons maar soos enige gemeente uit swakke en sondige mense bestaan, het die Here tog 'n droom in ons hart geplant - 'n droom wat ons met die hulp van die Here stelselmatig besig is om te verwesenlik. Ons droom bestaan uit vyf aspekte: genade, gemeenskap, gebed, groei en gehoorsaamheid.
Bedieninge
Ons verwesenlik ons droom deur middel van ons bedieninge. Ons strewe daarna om die regte lidmate in die regte bedieninge vir die regte redes te plaas sodat hulle vervulling in en deur hulle dienswerk kan vind. Daarom het ons 'n proses in werking gestel waardeur ons mense help om hulle dienaarsprofiel te identifiseer sodat hulle hulle optimale plek-van-diens in die gemeente kan vind.
Terug na bo ...
'n Plek vir almal
Ons streef daarna om 'n plek van elkeen in die gemeente te skep. Daarom poog ons elke spiritualiteitstipe te akkomodeer in ons bedieninge en eredienste. Ons probeer ook om belangegroepe te skep wat die belange van elke lewensfase (ouderdomsgroepe) dien. Wat ouderdom aanbetref is ons gemeente eweredig versprei onder alle groepering, van klein kinders tot bejaardes.
Eredienste
Ons kom gereeld bymekaar om die Here te aanbid en te dien. Elke Sondag vind daar ses eredienste plaas:
- 09:00 Tradisionele erediens
- 09:00 Kindererediens vir voorskoolse kinders (vanaf 3 jaar)
- 09:00 Kindererediens vir kinders in Gr 1-3
- 09:00 Kindererediens vir kinders in Gr 4-6
- (Kategetiese onderrig vind plaas tydens die kindereredienste)
- 18:00 - 18:45 Aanddiens
- 18:45 - 19:30 Kategese / Kuier
- 19:30 - 20:00 Speel / Kuier
Almal is welkom in alle eredienste!
Terug na bo ...
Gemeentegrense
Lyttelton-Oos gemeente se grense strek vanaf Trichardtweg in die noorde tot en met die N1-snelweg in die suide, die Waterkloof Lugmabasis se westelike muur in die ooste en die treinspoor langs Bothalaan in die weste.
Waar is ons geleë?
Ons kerkgebou is op die hoek van Van Riebeeck- en Moltenolaan in Lyttelton X1, Centurion. (Dit is tussen die Waterkloof Lugmagbasis en Bothalaan, die pad wat tussen Irene en die Fonteine loop, en oorkant Fleur Laerskool.)
(Sien ook ons kaart)
Hoe kom jy by ons uit?
Vanaf Hans Strijdomrylaan (die deurpad wat Wierda Park met Wapadrand/Lynnwoodweg/N4 snelweg verbind): draai regs in Krugerlaan in (indien u van Wierda Park se kant kom) of links in Krugerlaan in (indien u van Wapadrand/Lynnwoodweg/N4 snelweg se kant kom). Draai met die eerste straat weer links (Hofmeyerweg) en met die eersvolgende straat regs (Van Riebeecklaan). Gebou is op die volgende hoek.
Vanaf die N1 (Pietersburg snelweg / Oostelike verbypad): Neem die Bothalaanafrit en beweeg dan in 'n noordelike rigting. Ry onderdeur twee brue (een 'n pad- en die ander 'n voetbrug) en draai dan by die volgende robot regs (Hofmeyerweg). Draai by die derde straat regs (Van Riebeecklaan). Gebou is op die volgende hoek.
Vanaf die Fonteine: Draai regs by die derde robot (ná die robot by die Fonteine se ingang) - dis Hofmeyerweg. Draai by die eersvolgende straat weer regs (Van Riebeecklaan). Gebou is op die volgende hoek.
Ons geskiedenis
Prof WA Landman, bekende onderwyskundige, het 'n omvattende geskiedenis van die gemeente se eerste 40 jaar geboekstaaf. Meer oor ons geskiedenis volg eersdaags hier ...
