Hoe kan ons jou help?

Ons wil graag 'n dienskneggemeente wees - daarom help ons graag waar en wanneer ons kan, selfs al is jy nie 'n lidmaat van die gemeente nie.

Daar is verskeie maniere waarop ons hulp kan verleen indien jy dit nodig het:

 

Het jy behoefte aan maatskaplike hulp?

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) van Centurion se kantore word in ons gemeentesentrum gehuisves. Hulle is elke weeksoggend daar beskikbaar.

Die CMR se doel is om mense en gemeenskappe in nood met liefde te versorg. Programme sluit in:

Vir navrae kontak Annemarie Steyn (sekretaresse) of Anél Roux (maatskaplike werker) by:

CMR Lyttelton
Posbus 22053
Lyttelton
0140
Tel: (012) 664 5837 / 664 0901
Faks: (012) 664 5837
E-pos: cmr@lytteltonoos.org.za

Ivory Park
Sel: 082 852 7743

Terug na bo ...

 

Alkohol- en dwelmverslawing

Hulp aan alkohol- en dwelmverslaafdes word gekoordineer deur die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD).

Skakel Ds Steph Combrinck vir meer inliging, tel: 012 664-4604.

Drank en dwelmrehabilitasie behels veel meer as die blote ophou van substansmisbruik.  Opvolgwerk en deurlopende ondersteuning speel 'n groot rol in enige gerehabiliteerde se lewe.

Die CAD lewer 'n diens aan verslaafdes en hul gesinne deur ondersteuning, voorligting en motivering.  In Centurion is dié organisasie goud werd en klop menige jongmens aan CAD se deur. Gereelde informele byeenkkomste (een maal per maand in Lyttelton-Oos se gemeentesentrum), groepbesprekings, persoonlike skakeling en ondersteuning word gegee. 

Volgens Bennie Pretorius is een van die belangrikste aspekte om selfrespek en selfvertroue aan die gerehabiliteerde terug te gee.  Dié wat hulle nie kan help nie word na spesialissentrums en dokters verwys.

Die CAD is 'n nie-winsgewende organisasie wat sterk op donasies steun.

 

Het jy behoefte aan gebed?

Indien jy 'n gebedsversoek het, vul asseblief hierdie vorm in. Lees ook meer oor ons bidure.

 

Het jy behoefte aan 'n geestelike gesprek?

Jy is welkom om te enige tyd een van die leraars of ouderlinge te kontak vir 'n gesprek oor enige probleem wat jy mag ervaar, geestelik of andersins.  As jy verkies, kan jy per epos met ons kontak maak. Ons sal per e-pos daarop reageer.

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

Senior burgers

Selgemeentes

Dissipelprogram

Bidure

Vroue bybelstudie

Alpha-kursus

Retraits