Ontdek jou Potensiaal

Het jy geweet dat jy 'n unieke skepsel is wat die Here spesiaal gemaak het? Het jy geweet dat die Here jou toegerus het met 'n hele voorraad talente wat Hy graag wil hê jy in jou gesin, by die werk, in die gemeenskap en in die gemeente moet gebruik? Het jy geweet daar is iets wat jy beter kan doen as enige ander 10 000 mense? Het jy geweet dat die moontlikheid dat iemand anders presies dieselfde talente as jy het 1:35 miljoen is?

Soos die man wat op reis wou gaan (Matteus 25) aan sy slawe talente toevertrou het, vertrou die Here ook aan ons talente toe. Ons moet daarmee gaan woeker.

 

Wat is talente?

'n Talent is 'n besondere vermoë wat produktief aangewend kan word. Wanneer talente ontwikkel word deur middel van vaardighede en kennis, word dit 'n sterkpunt.  Die talente waarvan ons praat is vermoëns soos:

 

Hoe kan ek uitvind wat my talente is?

Die Gallup Organisasie (wat verantwoordelik is vir die meeste groot meningspeilings in die VSA), het deur middel van jarelange navorsing oor talente bepaalde talenttemas of groepering van talente ontdek. Daar is 34 sulke groeperings geïdentifiseer. Hulle het 'n toets ontwikkel wat op die internet gedoen word wat jou vyf groot talenttemas blootlê. Dit staan bekend as jou signature themes.

Hiervoor is dit nodig dat jy 'n kode sal moet bekom. Jy kan dit doen deur die boek Now, discover your strengths van Donald O Clifton en Marcus Buckingham te bekom wat 'n unieke kode bevat, of deur 'n e-pos te stuur aan lyttoos@mweb.co.za en 'n kode te versoek. Die kode sonder die boek se koste is R125.

 

Wat dan?

Om net te weet wat jou top vyf talenttemas is, is nie voldoende nie. Jy moet ook verder begelei word om dit te verstaan en dit in jou lewe toe te pas. In Lyttelton-Oos word daar op 'n gereelde basis groepsessies (wat bekend staan as Ontdek jou Potensiaal seminare) aangebied. Gedurende 2009 word dit op die volgende Saterdae 08:00 – 16:00 aangebied:

As jy vir een van hierdie geleenthede wil registreer kan jy die vorm hieronder invul en instuur.

Ons moet jou registrasie so gou moontlik ontvang aangesien jy die internet-toets vooraf moet doen.

 

Inskrywingsvorm

Vul asb hierdie e-pos vorm in om te registreer vir die kursus.

 

 

 

 

Naam:

Van:

Adres:

Tel No:

Sel No:

E-Pos Adres:

Ek wil graag registreer vir die seminaar op:

29 Augustus 2009

7 November 2009

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

34 Talent Temas (PDF)

Inskrywingsvorm