Jy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy lidmaat van NG Gemeente Lyttelton-Oos is of jou belangstelling om dit te ontvang getoon het. Om te verseker dat jy hierdie nuusbrief ontvang, voeg fredschoeman@mweb.co.za by jou adresboek so gou moontlik, indien jy dit nie reeds gedoen het nie. Bevestig indien jy graag wil voortgaan om dit te ontvang. Die volgende sin is in Engels om daardeur aan te toon dat ons baie hartseer sal wees indien jy jouself van ons lys af wil verwyder :-( To no longer receive our emails, click to unsubscribe.
Banner
Genade | Gemeenskap | Gebed | Groei | Gehoorsaamheid
Dissipels wat vrugte dra tot eer van die Vader 28 Julie 2006

In hierdie uitgawe

Wanneer gebeur wat?

Parknaval reëlings nou in die pylvak!

Chris Chameleon

Nuwe lig op Openbaring

Nagmaal volgende Sondag

C-kruis optredes

Heartlines

Erwin McManus

Jeugkonferensie

George Barna


 

Wanneer gebeur wat?

SONDAG, 30 JULIE Deurkollekte Motorwag
09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman
15:00 Ringsitting by Lyttelton-Oos
17:30 Geen jeug as gevolg van ringsitting
19:00 Nagmaal [Ons nooi graag die hele gemeente uit om hierdie geleentheid saam met ringsafgevaardigdes by te woon]

WOENSDAG, 2 AUGUSTUS 17:30 Biduur 19:00 KAF vergadering

SONDAG, 6 AUGUSTUS
Deurkollekte Noodlenigingsfonds
09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman (Tema: Versprei God se liefde / Manuel Escorcio tree tydens die erediens op)
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman
17:30 Jeugdiens (Kategese)

MAANDAG, 7 AUGUSTUS Gemeenteverjaarsdag—48 jaar oud

WOENSDAG, 9 AUGUSTUS Nasionale Vrouedag PARKNAVAL

SONDAG 13 AUGUSTUS
09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Vertoon God se liefde.
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Vertoon God se liefde
17:30 Jeugdiens (Kategese)




Hierdie naweek in Lyttelton-Oos

Die vernaamste gebeurtenis hierdie naweek is Sondagaand se nagmaal (19:00). Die ringsitting is hierdie rondte by ons gemeente en die tradisie is dat die afgevaardigdes nagmaal saam met die gasheergemeente vier. Alle lidmate word dus hartlik uitgenooi om saam die tekens van God se liefde en genade te kom gebruik.

Die Seisoen van Luister word ook tydens hierdie geleentheid bekend gestel. Dit is 'n inisiatief van die NG Kerk landwyd; almal word opgeroep om vir tyd lank fyn ingestel te wees op die stem van die Here om te hoor wat Hy vir ons in hierdie tyd wil sê. Klik hier vir meer inligting oor die Seisoen van Luister


  • Parknaval reëlings nou in die pylvak!
  • Parkanval Balonne

    Die plakate is teen die lamppale op en die strooibiljette so te sê in die posbusse - dis byna tyd vir ons dag van pret en jolyt in die Park! As jy nog betrokke wil wees, kontak gerus een die stalletjie sameroepers. Klikhier vir 'n lys. As jy wil help met logistieke reëlings, kontak Frik Strydom by 664-1451. Vir algemene navrae kontak Kobus Badenhorst by 083-235-1084 of Freddie Schoeman by 084-581-8139

    Neem kennis van die volgende:

    • Manuel Escorcio tree tydens die erediens van 6 Augutus op
    • Kaartjies vir die etes, pretloop, ontbyt en parkering is by die inligtingstafel beskikbaar
    • Parknaval balonne (vir bemarking) is te koop by die inligtingstafel
    • Steyn Fourie gaan ons die dag van die Parknaval kom vermaak!

  • Chris Chameleon
  • Chris Chameleon

    Chris Chameleon (Liam van 7e Laan) tree ten bate van ons gemeente in die Centurion Teater op op 5 September. Kaartjies is beskikbaar teen R80 by die inligtingstafel. Dit gaan vinnig - so spring gou!

  • Nuwe lig op Openbaring
  • Openbaring

    Openbaring is seker die boek in die Bybel waaroor daar al die meeste nonsens geskryf en gepraat is. Maar wat was die oorspronklike boodskap van die boek? Voordat ons nie hierdie vraag kan antwoord nie kan ons moeilik die betekenis van die boek vir vandag peil. Nuwe navorsing oor die antieke tye het onlangs aan die lig gekom wat ons verstaan van die boek verhelder. 'n Reeks oor die verstaan van Openbaring word vanaf 13 Augustus om 19:00 tot en met 17 September (behalwe 27 Augustus) aangebied. Woon dit gerus by en nooi ook ander wat jy dink daarby kan baat vind.

  • C-kruis optredes
  • C-Kruis

    Die nou reeds bekende C-kruis kom tree weer in ons gemeente op vanaf 27 Augustus. Maak seker jy woon hulle optrede by op 27 Augustus om 19:00 asook 29- 31 en Augustus en 1 September. Ons het ook mense nodig om die groep te huisves vir die week en om gesamentlike etes voor te berei. Skakel so gou as moontlik met Jaco van As (664-2149) indien jy kan help.

    Lees meer oor hierdie jaar se "shows" ...
  • Heartlines
  • Die eerste twee programme in die Heartlines reeks is verby en die kwaliteit is verrassend goed! Hierdie reeks is 'n inisiatief van die Mass Media Project. Die doel is om 'n landwye gesprek oor waardes aan die gang te sit. Elke program, wat op Sondae 20:00 op SABC 2 uitgesaai word, fokus telkens op 'n bepaalde waarde wat in die karakter van God gesetel is. Die uitdaging wat aan elke Suid-Afrikaner gerig word is om hierdie waardes in hulle lewens en in ons samelewing te vergestalt.

    Ons sal elke week in hierdie nuusbrief 'n skakel plaas na 'n aantal oordenkings- en besprekingsvrae na aanleiding van elke Sondag se program. (Die programme word ook deur die week herhaal - sien TV gidse vir die tye).

    Die eerste program (16 Julie) het gehandel oor Aanvaarding en verlede Sondag (23 Julie se program) het gehandel oor Verantwoordelikheid. Klik op die datums om die opsomming en die vrae van die betrokke program te sien.

  • Erwin McManus
  • Erwin McManus is bekend as 'n buite-die-boks-denker oor die kerk. Dis hy wat gesê het: "The greatest enemy to the movement of Jesus Christ is Christianity". Hy kom praat op 18 Augustus by NG Moreletapark. As jy daarvan hou dat jou fondamente 'n bietjie geskud word, kom luister!

    Lees hier verder oor McManus ...
  • Jeugkonferensie
  • Tony Jones is die hoofspreker op 'n konferensie wat deur Youthnet gereël word. Hy is die koördineerder van die Emerging Church beweging in Amerika wat daarop gemik is om die evangelie in 'n postmoderne konteks te vertaal. Dit impliseer hoofsaaklik jong mense.

    Kry hier meer inligting ...
  • George Barna
  • George Barna ken die kerk! Die rede daarvoor is dat hy dié voorste navorser oor godsdiens en kerklike sake in Amerika is. Hy weet presies wat die nuutste tendense en bewegings op hierdie gebied is. En hy sê dat mense, alhoewel hulle nog steeds Christen-gelowiges sal bly, op groot skaal uit plaaslike gemeentes gaan beweeg ...

    Kry meer besonderhede hier ...


    Stuur nuusbrief aan 'n vriend

    This email was sent to fourie.nico@webmail.co.za, by fredschoeman@mweb.co.za
    Powered by

    NG Gemeente Lyttelton-Oos | Posbus 14575 | Lyttelton | Centurion | Gauteng | 0157 | South Africa