Jy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy lidmaat van NG Gemeente Lyttelton-Oos is of jou belangstelling om dit te ontvang getoon het. Om te verseker dat jy hierdie nuusbrief ontvang, voeg fredschoeman@mweb.co.za by jou adresboek so gou moontlik, indien jy dit nie reeds gedoen het nie. Bevestig indien jy graag wil voortgaan om dit te ontvang. Die volgende sin is in Engels om daardeur aan te toon dat ons baie hartseer sal wees indien jy jouself van ons lys af wil verwyder :-( To no longer receive our emails, click to unsubscribe.
Banner
Genade | Gemeenskap | Gebed | Groei | Gehoorsaamheid
Ons webtuiste
24 Augustus 2006

In hierdie uitgawe

Wanneer gebeur wat?

C-Kruis kom weer na ons toe ...

Nuwe lig op Openbaring

Jongste nuus oor gebeure op godsdienstige en kerklike terrein

Heartlines

Werkswinkel: Partnering with Parents in Youth Ministry

Blokbyeenkomste

George Barna


 

Wanneer gebeur wat?

SONDAG 27 AUGUSTUS
09:00 Erediens: Ds André Viljoen
09:00 Kindereredienste
Daar is geen tweede diens vandag nie. Geen jeugdiens of Mosaïek as gevolg van C-Kruis optrede
19:00 C-Kruis optrede


DINSDAG 29 AUGUSTUS
19:00 C-Kruis optrede

WOENSDAG, 30 AUGUSTUS 17:00 Biduur
19:00 Kerkraadsvergadering
19:00 C-Kruis optrede

DONDERDAG 31 AUGUSTUS
19:00 C-Kruis optrede

VRYDAG 1 SEPTEMBER
19:00 C-Kruis optrede

SONDAG 3 SEPTEMBER
09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Verbrokkel die skanse van die vyand.
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Verbrokkel die skanse van die vyand
12:00 Blokbyeenkomste: bring en deel middagete
17:30 Jeugdiens (Kategese)
19:00 Mosaïek: Nuwe lig op Openbaring




Goeie more liewe gemeentelede en vriende!

Met groot dankbaarheid kan ons bekend maak dat ons inkomste met die Parknaval ons begrote bedrag met ten minste R11 000 oorskry het! Ons staan tans op 'n bedrag van meer as R46 000 met 'n paar projekte nog uitstaande. Wie weet, dalk haal ons R50 000. Dit sal 'n rekordpoging wees! Baie dankie, weer eens aan almal wat hulle tyd, energie en kreatiwiteit so onbaatsugtig opgeoffer het. Dit word raakgesien en waardeer!

Met die Parknaval agter die rug is ons volgende groot projek die optredes van C-Kruis. Hulle arriveer op Sondag 27 Augustus en hulle eerste optrede is dieselfde aan om 19:00. C-Kruis word op 'n kragtige manier deur die Here gebruik om die boodskap van sy liefde by jongmense tuis te bring deur middel van drama en musiek. Talle jongmense gee hulle lewe vir die Here gedurende so 'n week. Ons vra dus voorbidding vir hierdie week en ook hulp (kyk die item hieronder) met blyplek en etes.

Gaan kyk gerus op ons webtuiste vir foto's van die Parknaval. (Die skakel is regs bo op die tuisblad.) As jy foto's geneem het, stuur dit asseblief aan na lyttoos@mweb.co.za sodat ons almal daarin kan deel.


  • C-Kruis kom weer na ons toe ...
  • C-Kruis

    Die nou reeds bekende C-kruis kom tree weer in ons gemeente op vanaf 27 Augustus. Maak seker jy woon hulle optrede by op 27 Augustus om 19:00 asook 29- 31 en Augustus en 1 September. Ons het ook mense nodig om die groep te huisves vir die week en om gesamentlike etes voor te berei. Skakel so gou as moontlik met Jaco van As (664-2149) of met Nelleke Gouws (6643581) indien jy kan help. Ons sal die baie hoog op prys stel!

    Lees meer oor hierdie jaar se shows ...
  • Nuwe lig op Openbaring
  • Openbaring

    Openbaring is seker die boek in die Bybel waaroor daar al die meeste nonsens geskryf en gepraat is. Maar wat was die oorspronklike boodskap van die boek? Voordat ons nie hierdie vraag kan antwoord nie kan ons moeilik die betekenis van die boek vir vandag peil. Nuwe navorsing oor die antieke tye het onlangs aan die lig gekom wat ons verstaan van die boek verhelder. 'n Reeks oor die verstaan van Openbaring word vanaf 13 Augustus om 19:00 tot en met 17 September (behalwe 27 Augustus) aangebied. Woon dit gerus by en nooi ook ander wat jy dink daarby kan baat vind.

  • Heartlines
  • Die mees eerlike mens kan in 'n oomblik van swakheid swig voor die versoeking om oneerlik te wees, veral as sy selfbeeld en ego op die spel is. Die sesde program in die Heartlines reeks handel hieroor.

    Hierdie reeks is 'n inisiatief van die Mass Media Project. Die doel is om 'n landwye gesprek oor waardes aan die gang te sit. Elke program, wat op Sondae 20:00 op SABC 2 uitgesaai word, fokus telkens op 'n bepaalde waarde wat in die karakter van God gesetel is. Die uitdaging wat aan elke Suid-Afrikaner gerig word is om hierdie waardes in hulle lewens en in ons samelewing te vergestalt.(Die programme word ook deur die week herhaal - sien TV gidse vir die tye).

    Klink op die datums hieronder om 'n opsomming van die program sowel as oordenkings- en besprekingsvrae te sien:
    16 Julie Aanvaarding
    23 Julie Verantwoordelikheid.
    30 Julie Vergifnis
    6 Augustus Volharding
    13 Augustus Selfbeheersing
    20 AugustusEerlikheid

  • Werkswinkel: Partnering with Parents in Youth Ministry
  • Die belangrikste persone in 'n kind se lewe is sy/haar ouers. Te dikwels vergeet ons dit as dit kom by vorming van 'n kinds se geloofslewe. Baie ouers laat dit oor aan die kerk. Jim Burns, 'n kenner op hierdie gebied, stel 'n ander benadering voor. Hy bied op 2 en 3 Oktober 'n seminaar hieroor aan - beslis 'n moet vir elkeen wat 'n hart het vir die jeug. Vir meer inligting skakel Linda Landman by YouthNet: 018-290-9733

  • Blokbyeenkomste
  • Teken asseblief 3 September om 12:00 in jou dagboek aan: al vier ons blokke kom dan bymekaar om sake van gemeenskaplike belang (onder andere veiligheid en sekuriteit) te bespreek. Clive Napier, raadslid, het onderneem om daar te wees. (Hy het ook baie moeite gedoen om ons behulpsaam te wees met die Parnkanval reëlings).

    Nooi gerus ook jou bure - hierdie byeenkoms is nie net vir lidmate van ons gemeente nie. Bring 'n bordjie eetgoed saam en dan deel ons met mekaar.

  • George Barna
  • George Barna ken die kerk! Die rede daarvoor is dat hy dié voorste navorser oor godsdiens en kerklike sake in Amerika is. Hy weet presies wat die nuutste tendense en bewegings op hierdie gebied is. En hy sê dat mense, alhoewel hulle nog steeds Christen-gelowiges sal bly, op groot skaal uit plaaslike gemeentes gaan beweeg ...

    Kry meer besonderhede hier ...


    Stuur nuusbrief aan 'n vriend

    This email was sent to fourie.nico@webmail.co.za, by fredschoeman@mweb.co.za
    Powered by

    NG Gemeente Lyttelton-Oos | Posbus 14575 | Lyttelton | Centurion | Gauteng | 0157 | South Africa