Nagmaal
Volgende Sondag vier ons nagmaal. Dit bly 'n
aangrypende en besondere geleentheid. Nie net word
jy uitgenooi om dit saam met die res van die
gemeente te kom vier nie, jy word ook aangemoedig om
die week wat kom jouself daarvoor voor te berei.
Bring 'n bietjie meer tyd in gebed deur, 'n bietjie
meer tyd in die Skrif, 'n bietjie meer tyd in
stilte. Dink na oor God se liefde vir jou - en kom
vier dit dan volgende Sondag met oorgawe en vreugde!
Nagmaal word volgende Sondag by beide eredienste
in die oggend gevier: 09:00 en 10:30.
|
|
|
Preekreeks: Volg die Rabbi
Ons is steeds op 'n ontdekkingstog deur die
Markus-evangelie om uit te
vind wie Jesus werklik was as mens, wat Hy presies
van ons verwag en hoekom dit sin maak om alles te
los en Hom te volg. Jy word weer eens uitgenooi om
hierdie
preek-reis met die titel Volg
die Rabbi mee te maak. Dit handel oor die
avontuur van
dissipelskap en wat dit behels om 'n volgeling van
Jesus Christus te wees. Diegene wat die Woordwyser
volg is reeds goed op hoogte met die inhoud van die
eerste twee derdes van Markus.
Sondag in Lyttelton-Oos:
- 09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman
- 09:00 Kindereredienste
- 10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman
- 17:30 Jeugdiens en Senior Kategese
Die volgende paar Sondae in die Kerklike Jaar:
- Sondag 4 Februarie: Vyfde Sondag na Epifanie
(Nagmaal)
- Sondag 11 Februarie: Sesde Sondag na Epifanie
- Sondag 18 Februarie: Verheerlikingsondag - Jesus
se verheerliking op die berg word herdenk
- Sondag 25 Februarie: Eerste Sondag in
Lydenstyd
- Sondag 4 Maart:: Tweede Sondag in Lydenstyd
|
|
|
Lydenstyd

Woensdag 21 Februarie is 'n rooi-letterdag op ons
gemeente-almanak. Op daardie dag, Aswoensdag, begin
ons onsself
voorberei om die heel belangrikste gebeurtenis in
die geskiedenis van die mensdom te vier: Jesus se
opstanding uit die dood. Die tyd vanaf 21 Februarie
tot en met die Saterdag na Goeie Vrydag, staan
bekend as lydenstyd.
Op 21 Februarie sal daar twee geleenthede wees om
lydenstyd amptelik binne te gaan. Die oggend om
06:30 sal daar 'n As-diens wees, waartydens 'n
as-kruis op gelowiges se voorkoppe gemaak sal word
as simbool van rou en sondebesef. Die aand om 19:00
sal daar soos gewoonlik 'n nagmaalsdiens wees.
(Laasgenoemde geleentheid is nie op die almanak
aangebring nie.)
Die gebruik gedurende lydenstyd is om te vas; d.w.s.
ons kies iets om op te offer, hetsy dit 'n kossoort
(vleis, soetgoed, koffie/tee) is, of hetsy dit 'n
aktiwiteit (sekerk TV programme, tydskriflees ens.)
is. Hierdie opoffering herinner ons voortdurend aan
Jesus se offer. Op hierdie manier identifiseer ons
met Jesus en loop ons die lydenspad as 't ware saam
met Hom.
|
Bedieninge
Ons wil graag hierdie jaar spesiale aandag gee aan
die uitbouing van ons gemeente se onderskeie
bedieninge. Die bedieninge fokus op een van twee
sake: die ondersteuning van die missie en waardes
van die gemeente / die logistieke ondersteuning van
die gemeente se dienswerk.
Die doel is om soveel as moontlik gemeentelede te
betrek by een of ander vorm van dienswerk, hoe klein
of gering dit ookal is sodat almal die verskuilde
voordeel van dienslewering kan ontdek.
Dink jy dat daar dalk 'n leemte in die gemeente se
bedieningsopset is? Of lê die Here 'n saak op jou
hart wat nie deur een van die huidige bedieninge
ondervang word nie? Of het jy 'n voorstel om te maak
wat die gehalte van dienslewering in die gemeente
kan verbeter? Stuur 'n e-pos aan lyttoos@mweb.co.za)
|
Adoramus diens
Die eerste Adoramusdiens van die jaar vind plaas op
7 Februarie 2007 om 20:00 in die kerkgebou. Dit is
'n diens waar die klem op stilwees in die
teenwoordigheid van die Here geplaas word. Slegs
kort Skriflesings en meditatiewe sang / musiek
verbreek die stilte. Kom beleef geestelike
vernuwing en sielsverryking deur hierdie geleentheid
by te woon.
|
Klub Immergroen Oggendtee
Klub Immergroen, 'n aksie vir en deur ons
gemeente se Senior Lidmate is, bied weer soos
gebruiklik 'n oggendtee aan in die gemeentesentrum op
Saterdag 3 Februarie om 10:00. Vir meer
besonderhede skakel gerus met Gerty Basson by 012
664 2433.
|
Erkenning vir onderwys werkkragte
Die biddag vir Oderwys en Opvoeding is vanjaar op 4
Februarie. In ons gemeente het dit tradisie geword
om erkenning vir al die onderwysers in ons gemeente
en die van omliggende skole te verleen deur 'n
ontbyt vir hulle aan te bied. Dit begin om 07:30
vir 08:00 en almal word ook genooi om die erediens
daarna by te woon.
Ons rig dus graag 'n uitnodiging aan almal wat op
die een of ander manier 'n verbintenis het met die
onderwysberoep op welke vlak ook al om hierdie
geleentheid by te woon. Ons sal dit waardeer
word as jy
net vooraf met Petro Dalhouzie kan bevestig by 082
326 1911.
|
|
Kerk en godsdiens in die nuus
Die afgelope tyd het kerklike en godsdienstige sake
nogal heelwat kolomsentimeters in die gedrukte media
opgeneem. Hieronder word 'n paar van die
interessantstes genoem:
- Neels Jackson se artikel
waarin hy Stephan
Joubert en Nelus Niemandt se menings oor die wese en
toekoms van die kerk weergee.
Eduan Naudé reageer
hierop.
- Kerklike musiek het weer onder
die loep gekom.
Nie net het die Blou Bul liedjie nuwe woorde gekry
nie, maar ook die Leeuloopliedjie
en die De
la Rey-liedjie!
- In haar bydrae tot Beeld se Godsdiens-Aktueel
rubriek pleit Christina
Landman dat die kerk die rol
van 'n brugbouer in die gemeenskap sal speel in
stede van 'n polariseerder.
|
|
|
|