Jy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy 'n lidmaat van die NG Gemeente Lyttelton-Oos is of andersins belangstelling getoon het om dit te ontvang. Klik om te bevestig as jy wil voortgaan om dit te ontvang. As jy nie meer dit wil ontvang nie, klik op "unsubscribe". To no longer receive our emails, click to unsubscribe.
Banner
23 Maart 2007
In hierdie uitgawe
Preekreeks: Volg die Rabbi
Loop die Lydenspad agter Jesus aan
Openbaring - reeks
Droomspan
Parknaval
Gemeentedagboek
Om oor na te dink
Redaksioneel

Freddie Schoeman
Wel, dit lyk my die tegniese probleme is uitgesorteer en ons kan voortgaan met die uitstuur van hierdie nuusbrief!  As jy terugvoer het oor die aard en inhoud hiervan, stuur gerus 'n e-pos aan lyttoos@mweb.co.za
 
Ons berei onsself as gemeente voor om die Groot Lydensweek binne te gaan. Hierdie agt dae is 'n tyd vir geestelike hernuwing.  Elke lidmaat word uitgenooi om hierdie geleentheid te benut.
 
Ná die skoolvakansie begin ons met 'n studie van die boek Openbaring.  Nooi gerus almal wat belang stel om die geleenthede by te woon.
 
Sit nou al 17 - 27 Mei opsy as 'n tyd van intense gebed.  Net soos Jesus se eerste volgelinge eensgesind volhard het in gebed vóór die uitstorting van die Gees, wil ons dit ook doen.
Besoek gerus:
 
Ons webtuitste
JonahPreekreeks: Jona, die onwillige
 
Ons onderbreek die verhaal van Markus tydelik (dit word weer op 1 April voortgesit) om vir wyle in wêreld van die Jona verhaal te vertoef. Verlede week het ons te doen gekry met die "bang, ongehoorsame Jona".  Hierdie week leer ons die "gehoorsame, maar liefdelose Jona" ken.  Altwee hierdie Jona's het nogal iets te sê vir ons as gelowiges en vir die kerk.  As jy so 'n bietjie wil lees oor die agtergrond van die boek, klik gerus hier.
 
Sondag se program:
 
  • 09:00 Erediens (Ds Freddie Schoeman) Tema: Jona, die onwillige
  • 09:00 Dis skoolvakansie, daarom geen kindereredienste nie 
  • 10:30 Geen tweede diens 
  • 17:30 Geen jeugdiens
lydenstyd Loop die Lydenspad agter Jesus aan
 
 

Agt dae. Na hierdie agt dae sou die wêreld nooit weer dieselfde wees nie. Vanaf die eerste Palmsondag tot die eerste Paassondag het 'n drama afgespeel waartydens die magte van die bose probeer het om die Lig uit te doof. 

 
Om saam met Jesus die lydenspad te loop het groot geestelike waarde.  Vir eeue lank was dit vir Christene belangrik om dit wat Jesus vir ons gedoen het te herdenk en te vier.
 
Terwyl ons onsself inleef in die gebeure van die Groot Lydensweek, word 'n diep spiritualiteit in ons  gevorm. Hierdie spiritualiteit word 'n bron van geestelike krag vir die res van die jaar.
 

Hierdie gebeure laat 'n onmiskenbare merk op ons geestelike lewe. Soos wat swaarkry hoop en geloof tot gevolg het (vgl. Rom 5), so plant die Groot Lydensweek die saad van ware vreugde in ons harte.

 

Lees hier meer oor die eredienste gedurende Lydenstyd

OpenbaringOpenbaring - reeks
Op 15 April, die Sondag na Paassondag, begin die beloofde reeks oor Openbaring. Hierdie boek, die laaste een in die Bybel, het 'n aangrypende boodskap wat dikwels misverstaan word. In stede daarvan dat gelowiges die seën en troos ontvang wat deur die boek bedoel word, verkeer hulle dikwels in vrees. 
 
Die intensie agter hierdie reeks is om in te vra na die oorspronlike bedoeling van die boek en die redes waarom die oorspronlike lesers soveel inspirasie en bemoediging daaruit geput het. Onlangse navorsing oor die leefwêreld van Openbaring se eerste lesers bied nuwe en vars perspektiewe op baie van die onduidelikhede in die boek. Dit help ons om die boodskap van die boek helderder te verstaan as ooit tevore.
 
Indien jy meer wil weet oor die betekenis en boodskap van Openbaring, klik hier.
  
Vrou wat bid Droomspan
 
Walt Disney het by geleentheid gesê: You can dream, create, design and build the most wonderful place in the world, but it requires people to make the dream a reality.
 
Dit is natuurlik ook waar van ons gemeente se droom. Daarom wil ons graag 'n "droomspan" saamstel - 'n span wie se taak dit sal wees om die droom wat die Here aan ons gemeente gegee het waar te maak. Begin asseblief hieroor bid. Wil die Here jou dalk hiervoor inspan? Hou jy van uitdagings? Wil jy graag deel wees van 'n nuwe opwindende fase in ons gemeente se ontwikkeling en groei?  Kontak Freddie Schoeman so gou as moontlik by lyttoos@mweb.co.za.
BalonneParknaval
 

Op 1 September hierdie jaar maak ons weer so: ons hou PARKNAVAL!

Die beplanningswiele is reeds aan die rol en ons eerste amptelike vergadering vind op 17 April om 19:00 plaas. Soos gewoonlik is daar baie hande nodig en wil ons graag elke lidmaat uitnooi om "boots and all" betrokke te raak.  Dis altyd 'n groot fees en vreugde om saam te werk en skouers te skuur terwyl ons 'n groot projek aanmekaar sit.

Indien jy nou reeds jou insette wil lewer of wil aanmeld vir diens, skakel Kobus Badenhorst by 083 235 1084.

Gemeentedagboek
 
Die week wat kom:
Woensdag 28 Maart om 17:00            Gemeentebiduur
Woensdag 28 Maart om 19:00            KAF vergadering
Vrydag 30 Maart                                Emmaus byeenkoms
Sondag 1 April                                  Palmsondag
 
Volgende week:
GROOT LYDENSWEEK
Maandag 2 April
om 19:00                 Erediens
Dinsdag 3 April om 19:00                   Erediens
Woensdag 4 April  om 19:00              Erediens
Donderdag 5 April om 19:00              Nagmaal
Vrydag 6 April om 09:00                    Goeie Vrydagdiens
Saterdag 7 April om 22:30                 Paaswaak
 
Ander belangrike datums:
11 April om 19:00                               Bedieningskommissievergadering
17 - 27 Mei                                         Pinkster - gebedstyd
1 September                                     Parknaval
 
Om oor na te dink:
 
Ierse spreekwoorde:

A kind word never broke anyone's mouth.

A dog owns nothing, yet is seldom dissatisfied.

A lie travels farther than the truth.

An old broom knows the dirty corners best.

Put silk on a goat, and it's still a goat.

A friend's eye is a good mirror.

It's no use carrying an umbrella if your shoes are leaking.

God is good, but never dance in a small boat.

Even a small thorn causes festering.

Every dog is brave on his own doorstep.

You'll never plow a field by turning it over in your mind.

Drink is the curse of the land. It makes you fight with your neighbor. It makes you shoot at your landlord and it makes you miss him.

You've got to do your own growing, no matter how tall your grandfather was.

Kontakinligting

Leraar:  Freddie Schoeman  0126643751  lyttoos@mweb.co.za
Kerkantoor:  Sexta Maree 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za
Administratiewe beampte:  Max Amsenga 0126643629  max@lytteltonoos.org.za
Orrelis: Dollie Pienaar 0126536449 of 0834850059
Koster: Willem Scholtz  0123438567of 0837446108  

This email was sent to fourie.nico@webmail.co.za, by fredschoeman@mweb.co.za
Powered by
DRC Lyttelton-East | Posbus 14575 | Lyttelton | Centurion | 0157 | South Africa