Jy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy 'n lidmaat van die NG Gemeente Lyttelton-Oos is of andersins belangstelling getoon het om dit te ontvang. Klik om te bevestig as jy wil voortgaan om dit te ontvang. As jy nie meer dit wil ontvang nie, klik op "unsubscribe". To no longer receive our emails, click to unsubscribe.
Lyttelton-Oos Gemeente
13 April 2007
In hierdie uitgawe
Openbaring-reeks begin
Pinkstertyd, gebedstyd
Ons nuwe kubergemeenskap!
Droomspan
Parknaval
In die nuus
Erwin McManus
Gemeentedagboek
Kontakinligting
Redaksioneel

Freddie Schoeman
Met Lydenstyd en die Groot Lydensweek agter ons beleef ons nou Paastyd - ons vir vir 50 dae lank die opstanding van Christus. Ons vir die feit dat ons saam met Christus 'n lewe in oorvloed kan lewe.
 
Een van die dae is dit Pinkster.  Pinkster is gebedstyd.  Vir tien dae lank gaan ons gemeente bid soos nog nooit tevore nie. Ons gaan bid dat elke lidmaat in ons gemeente, en ook soveel as moontlik ander mense in ons gemeenskap, 'n lewe in oorvloed sal begin leef.
Besoek gerus:
 
Ons webtuitste
OpenbaringOpenbaring - reeks begin
 
Op 15 April, die Sondag na Paassondag, begin die beloofde reeks oor Openbaring. Hierdie boek, die laaste een in die Bybel, het 'n aangrypende boodskap wat dikwels misverstaan word. In stede daarvan dat gelowiges die seën en troos ontvang wat deur die boek bedoel word, verkeer hulle dikwels in vrees. 
 
Die intensie agter hierdie reeks is om in te vra na die oorspronlike bedoeling van die boek en die redes waarom die oorspronlike lesers soveel inspirasie en bemoediging daaruit geput het. Onlangse navorsing oor die leefwęreld van Openbaring se eerste lesers bied nuwe en vars perspektiewe op baie van die onduidelikhede in die boek. Dit help ons om die boodskap van die boek helderder te verstaan as ooit tevore.
 
Indien jy meer wil weet oor die betekenis en boodskap van Openbaring, klik hier.
 
Sondag se program:
  • 09:00 Erediens (Ds Freddie Schoeman) Tema: Openbaring: toekomsorakel of troos vir vandag? 
  • 09:00 Kindereredienste 
  • 10:30 Erediens (Ds Freddie Schoeman) Tema: Openbaring: toekomsorakel of troos vir vandag? 
  • 17:30 Jeugdiens
Pinkster Pinkstertyd, gebedstyd
 
Ons gemeente beoog om soos nog nooit tevore in ons geskiedenis die aangesig van die Here op te soek gedurende Pinkster 2007.

Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy verskeie kere aan sy dissipels verskyn en met hulle oor die dinge van die Koninkryk van God gepraat en die belangrikheid daarvan om God se liefde aan al die nasies van die węreld uit te dra.

Op die laaste dag wat Hy met hulle was het Hy vir hulle aangesę om in Jerusalem te bly en te wag op die gawe wat die Vader belowe het.  Hulle het dit gedoen.  Vir tien dae lank het hulle eensgesind vohard in gebed.  Hulle het God se aangesig ernstig en dringend gesoek. Hulle het ywerig en met oorgawe uitgeroep na God toe om sy beloftes aangaande sy koninkryk op aarde waar te maak.

Vandag roep Christus weer sy kerk om te verenig in gebed. Ons word verder ook daartoe gedring omdat ons in moeilike en goddelose omstandighede leef.

Ons word aangespoor om soos die eerste Christene met brandende harte voor die Here te kniel en te pleit dat sy koninkryk met krag in ons midde sal kom.

Vir tien dae lank gaan ons gemeente-sentrum as een groot gebedsentrum ingerig word. Gebedstasies gaan opgerig word.

Ons gaan die gemeenskap nooi om by ons aan te sluit. 

Saam gaan ons by die Here intree vir ons gemeente, ons gemeenskap, ons land - en die węreld. 

En dan gaan ons op 27 Mei aansluit by miljoene ander Christene regoor die węreld en saam gaan ons by die Here pleit:

"Laat u koninkryk kom, laat u wil geskied . . ."

MyChurch logoWord deel van ons kubergemeenskap!
 

Het jy gedink kerk is net vir Sondae?  Dink weer!  MyChurch bied aan gelowiges die geleentheid om die gemeenskap van gelowiges elke dag en boonop op 'n unieke manier - aanlyn in die kuberruim! - te beleef.  Op Lyttelton-Oos se MyChurch-ruimte  kan jy:

  • gesprekke voer en vriende maak met ander gemeentelede (en ook ander Christene van ander kerke)
  • op hoogte bly van alles wat gebeur in die gemeente
  • voorbidding vra en ook vir ander te bid en hulle te ondersteun
  • jou besigheid bekend stel deur middel van 'n gratis advertensie
  • kommentaar lewer op alles wat in die gemeente aangaan 
  • deel word van 'n groep en / of jou eie groep stig
  • jou eie blog bedryf (waarop ander gemeentelede kan kommentaar lewer)
  • en nog baie meer

Hoe word jy deel?  Klik op die MyChurch skakel op lys aan die regterkant van hierdie nuusbrief.  Klik dan op die "Join this Church" knoppie.  Jy moet dan jou eie profiel registreer (dis baie eenvoudig!) en dan kan jy by die Lyttelton-Oos gemeenskap aansluit. Doen dit sommer gou!

 

Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.

Word deel van die droomspan! Droomspan
 
Walt Disney het by geleentheid gesę: You can dream, create, design and build the most wonderful place in the world, but it requires people to make the dream a reality.
 
Dit is natuurlik ook waar van ons gemeente se droom. Daarom wil ons graag 'n "droomspan" saamstel - 'n span wie se taak dit sal wees om die droom wat die Here aan ons gemeente gegee het waar te maak. Begin asseblief hieroor bid. Wil die Here jou dalk hiervoor inspan? Hou jy van uitdagings? Wil jy graag deel wees van 'n nuwe opwindende fase in ons gemeente se ontwikkeling en groei?  Kontak Freddie Schoeman so gou as moontlik by lyttoos@mweb.co.za, of besoek MyChurch, klik op "Groups" en dan op "Droomspan" en sluit aan.
Parknaval is feestyd!Parknaval
 

Op 1 September hierdie jaar maak ons weer so: ons hou PARKNAVAL!

Die beplanningswiele is reeds aan die rol en ons eerste amptelike vergadering vind op 17 April om 19:00 plaas. Soos gewoonlik is daar baie hande nodig en wil ons graag elke lidmaat uitnooi om "boots and all" betrokke te raak.  Dis altyd 'n groot fees en vreugde om saam te werk en skouers te skuur terwyl ons 'n groot projek aanmekaar sit.

Indien jy nou reeds jou insette wil lewer of wil aanmeld vir diens, skakel Kobus Badenhorst by 083 235 1084 of besoek MyChurch, klik op "Groups" en dan op "Parknaval" en sluit aan.

nuusIn die nuus ...
Vir die jongste oor kerk en geloof in die media besoek ons nuus-blog.  
Erwin McManusErwin McManus weer in Suid-Afrika
Erwin McManus, bekende skrywer en spreker, asook die "kulturele argitek" van Mosaďek gemeente in Los Angeles, besoek Suid Afrika weer aan die einde van volgende maand.
 
Op 28 Mei is hy in Kempton Kruin vir 'n leiersdag en op 29 Mei is hy by Moreletapark.  Gaan na e-Kerk se MyChurch ruimte om meer uit te vind.
Gemeentedagboek
 
Die week wat kom:
Saterdag 14 April om 09:00                Strategiese werksessie oor veiligheid (Gemeentesentrum)
Dinsdag 17 April om 19:00                  Parknaval vergadering
Woensdag 18 April om 19:00              Kerkraadsvergadering
Donderdag 19 April om 09:00             Bybelstudie vir Senior Lidmate
Sondag 22 April
   09:00  Erediens (Ds Freddie Schoeman) Tema: Openbaring
   09:00  Kindereredienste
   10:30  Tweede erediens (Ds Freddie Schoeman) Tema: Openbaring
   17:30  Jeugdiens
 
Volgende week:
Donderdag 19 April om 09:00             Bybelstudie vir Senior Lidmate
Vrydag 29 April                                  Vryheidsdag
Sondag 29 April
   09:00  Erediens 
   Geen kindereredienste / Tweede diens / Jeugdiens as gevolg van langnaweek 
 
Ander belangrike datums:
17 - 27 Mei                                        Pinkster - gebedstyd
1 September                                     Parknaval
 
Kontakinligting

Leraar:  Freddie Schoeman  0126643751  lyttoos@mweb.co.za
Kerkantoor:  Sexta Maree 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za
Administratiewe beampte:  Max Amsenga 0126643629  max@lytteltonoos.org.za
Orrelis: Dollie Pienaar 0126536449 of 0834850059
Koster: Willem Scholtz  0123438567of 0837446108  

This email was sent to fourie.nico@webmail.co.za, by fredschoeman@mweb.co.za
Powered by
DRC Lyttelton-East | Posbus 14575 | Lyttelton | Centurion | 0157 | South Africa