Jy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy lidmaat van NG Gemeente Lyttelton-Oos is of jou belangstelling om dit te ontvang getoon het. Om te verseker dat jy hierdie nuusbrief ontvang, voeg fredschoeman@mweb.co.za by jou adresboek so gou moontlik, indien jy dit nie reeds gedoen het nie. Bevestig indien jy graag wil voortgaan om dit te ontvang. Die volgende sin is in Engels om daardeur aan te toon dat ons baie hartseer sal wees indien jy jouself van ons lys af wil verwyder :-( To no longer receive our emails, click to unsubscribe.
Banner
Genade | Gemeenskap | Gebed | Groei | Gehoorsaamheid
Ons webtuiste
10 Augustus 2006

In hierdie uitgawe

Wanneer gebeur wat?

Nuwe lig op Openbaring

Jongste nuus oor gebeure op godsdienstige en kerklike terrein

C-kruis optredes

Heartlines

Erwin McManus

Blokbyeenkomste

George Barna


 

Wanneer gebeur wat?

SONDAG 13 AUGUSTUS
09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Vertoon God se liefde.
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Vertoon God se liefde
17:30 Jeugdiens (Kategese)
19:00 Mosaïek: Reeks oor Openbaring begin

WOENSDAG, 16 AUGUSTUS 17:30 Biduur

SONDAG 20 AUGUSTUS
09:00 Nagmaal: Ds Freddie Schoeman. Tema: Verwelkom ander.
09:00 Kindereredienste
10:30 Nagmaal: Ds Freddie Schoeman. Tema: Verwelkom ander
17:30 Jeugdiens (Kategese)
19:00 Mosaïek: Nuwe lig op Openbaring

WOENSDAG, 23 AUGUSTUS 17:30 Biduur

SONDAG 27 AUGUSTUS
09:00 Erediens
09:00 Kindereredienste
10:30 Erediens
17:30 Jeugdiens (Kategese)
19:00 Mosaïek: Nuwe lig op Openbarig




'n Dag vol liefde, vreugde en vrede!

Wat 'n wonderlike dag was Woensdag nie! Ideale weer, lidmate wat meer as hulle deel gedoen het, 'n hartlike en gesellige atmosfeer het alles bygedra tot 'n genotvolle dag wat ons almal met groot gevoel van genoegdoening gelaat het.

Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het en wat baie opofferings in die proses gemaak het. Dit is 'n voorreg om deel te wees van 'n gemeente soos Lyttelton-Oos. Ons loof ons hemelse Vader wat dit alles moontlik gemaak het.

Gaan kyk gerus op ons webtuiste vir foto's van hierdie geleentheid. (Die skakel is regs bo op die tuisblad) As jy foto's geneem het, stuur dit asseblief aan na lyttoos@mweb.co.za sodat ons almal daarin kan deel.


  • Nuwe lig op Openbaring
  • Openbaring

    Openbaring is seker die boek in die Bybel waaroor daar al die meeste nonsens geskryf en gepraat is. Maar wat was die oorspronklike boodskap van die boek? Voordat ons nie hierdie vraag kan antwoord nie kan ons moeilik die betekenis van die boek vir vandag peil. Nuwe navorsing oor die antieke tye het onlangs aan die lig gekom wat ons verstaan van die boek verhelder. 'n Reeks oor die verstaan van Openbaring word vanaf 13 Augustus om 19:00 tot en met 17 September (behalwe 27 Augustus) aangebied. Woon dit gerus by en nooi ook ander wat jy dink daarby kan baat vind.

  • Jongste nuus oor gebeure op godsdienstige en kerklike terrein
  • Wil jy op hoogte bly met dit wat die media oor kerklike en godsdienstige sake rapporteer? Klik gerus hieronder ...

    Lees meer ...
  • C-kruis optredes
  • C-Kruis

    Die nou reeds bekende C-kruis kom tree weer in ons gemeente op vanaf 27 Augustus. Maak seker jy woon hulle optrede by op 27 Augustus om 19:00 asook 29- 31 en Augustus en 1 September. Ons het ook mense nodig om die groep te huisves vir die week en om gesamentlike etes voor te berei. Skakel so gou as moontlik met Jaco van As (664-2149) indien jy kan help.

    Lees meer oor hierdie jaar se "shows" ...
  • Heartlines
  • Waar is God wanneer alles in jou lewe verkeerd loop? Hoe druk jy deur ten spyte van moeilike omstandighede? In die vierde program van die Heartlines-reeks leer Faith om, nadat sy haar ouers aan VIGS moes afstaan en verkrag is, om die lewe in die oë te kyk en deur te druk ten spyte van geweldige moeilike omstandighede.

    Hierdie reeks is 'n inisiatief van die Mass Media Project. Die doel is om 'n landwye gesprek oor waardes aan die gang te sit. Elke program, wat op Sondae 20:00 op SABC 2 uitgesaai word, fokus telkens op 'n bepaalde waarde wat in die karakter van God gesetel is. Die uitdaging wat aan elke Suid-Afrikaner gerig word is om hierdie waardes in hulle lewens en in ons samelewing te vergestalt.(Die programme word ook deur die week herhaal - sien TV gidse vir die tye).

    Klink op die datums hieronder om 'n opsomming van die program sowel as oordenkings- en besprekingsvrae te sien:
    16 Julie Aanvaarding
    23 Julie Verantwoordelikheid.
    30 Julie Vergifnis
    30 Julie Volharding

  • Erwin McManus
  • Erwin McManus is bekend as 'n buite-die-boks-denker oor die kerk. Dis hy wat gesê het: "The greatest enemy to the movement of Jesus Christ is Christianity". Hy kom praat op 18 Augustus by NG Moreletapark. As jy daarvan hou dat jou fondamente 'n bietjie geskud word, kom luister!

    Lees hier verder oor McManus ...
  • Blokbyeenkomste
  • Teken asseblief 3 September om 12:00 in jou dagboek aan: al vier ons blokke kom dan bymekaar om sake van gemeenskaplike belang (onder andere veiligheid en sekuriteit) te bespreek. Clive Napier, raadslid, het onderneem om daar te wees. (Hy het ook baie moeite gedoen om ons behulpsaam te wees met die Parnkanval reëlings).

    Nooi gerus ook jou bure - hierdie byeenkoms is nie net vir lidmate van ons gemeente nie. Bring 'n bordjie eetgoed saam en dan deel ons met mekaar.

  • George Barna
  • George Barna ken die kerk! Die rede daarvoor is dat hy dié voorste navorser oor godsdiens en kerklike sake in Amerika is. Hy weet presies wat die nuutste tendense en bewegings op hierdie gebied is. En hy sê dat mense, alhoewel hulle nog steeds Christen-gelowiges sal bly, op groot skaal uit plaaslike gemeentes gaan beweeg ...

    Kry meer besonderhede hier ...


    Stuur nuusbrief aan 'n vriend

    This email was sent to fourie.nico@webmail.co.za, by fredschoeman@mweb.co.za
    Powered by

    NG Gemeente Lyttelton-Oos | Posbus 14575 | Lyttelton | Centurion | Gauteng | 0157 | South Africa