Lydenstyd

 

Lydenstyd is ‘n geleentheid om onsself weer aan die Here toe te wy.

 

9 Maart tot 23 April 2011

As-Woensdag
9 Maart 2011
19:00 Nagmaal

As-Woensdag is die begin van Lydenstyd.

Gedurende Lydenstyd herdenk ons die lyding van Christus en berei ons so voor om Paasfees, die fees van Christus se opstanding, te vier.

Ons herdenk Jesus se lyding deur te vas, te gee en te bid. Deur van ‘n gunsteling aktiwiteit, geliefkoosde kossoort of lekkerny afstand te doen, deel ons in Christus se lyding en word ons telkens daarnaan herinner.

 

GROOT LYDENSWEEK

Lydenstyd

Groot Lydensweek is die hoogtepunt van Lydenstyd. Ons het gedurende hierdie week die volgende eredienste:

Sondag 17 April 09:00 Erediens (Palmsondag)
Maandag 18 April 19:00 (Tempelreiniging)
Dinsdag 19 April 19:00 (Strydgesprekke)
Woensdag 20 April 19:00 (Jesus se verraad)
Donderdag 21 April 19:00 (Nagmaalsdiens—instelling van Nagmaal)
Vrydag 22 April 09:00 (Goeie Vrydag)
Saterdag 23 April 22:30 (Paaswaak—Belydenisaflegging)
Sondag 24 April 09:00 (Paassondag—Opstanding)

 

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

Meer oor die Lydenstyd in die Kerklike Jaar