Wykstelsel

Die gemeente bestaan uit 14 wyke.  (Een van hierdie wyke bestaan uit lidmate wat buite die grense van die gemeente woon.) Aan elke wyk is ‘n ouderling en diaken toegewys. Saam vorm die ouderlinge en die diakens (tesame met die leraars, omsieners en kommissie-voorssitters) die kerkraad.

Elke wyk bestaan uit ‘n gemiddeld van 20 huisgesinne / enkellopendes. (Ongeveer 50-60 lidmate) Om die ouderling en die diaken te help het elke wyk ook ‘n aantal dienswerkers. Elke dienswerker neem verantwoordelikheid vir ongeveer 4 -5 huisgesinne / enkellopendes (besoekpunte). Die stelsel kan as volg voorgestel word:

Die dienswerker se taak is om kontak te hou met elke besoekpunt wat aan hom/haar toegewys is en om die dankoffers in te samel. Die nood en behoeftes moet aan die ouderling en diaken en leraar deurgegee word. Dit is duidelik dat die dienswerker die senuwee-eindpunt van die kerkraad is. Sonder toegewyde dienswerkers kan die stelsel nie werk nie.

 

Bedieningspan

Die ouderling en die diaken en die dienswerkers  in elke wyk vorm ‘n bedieningspan. Hierdie span kom gereeld bymekaar om bedieningsprobleme te bespreek en bedieningstrategie te beplan. Hierdie span tree ook gereeld vir elke lidmaat in die wyk in gebed by die Here in.

 

Die take van die ouderling

Ten einde sy sentrale taak uit te voer, moet die ouderling:

 

Die take van die diaken

Ten einde sy sentrale taak uit te voer, moet die diaken:

Die take van die dienswerker

Die dienswerker dien as ‘n hulp vir die ouderling en die diaken en as skakel tussen die lidmaat en die kerkraad. Die dienswerker moet:

Terug na bo ...

Lees meer ...

Kerkraad