Kerkraad
Die kerkraad is die hoogste besluitnemende liggaam van die gemeente. Dit bestaan uit die leraars, ouderlinge (insluitende omsieners) en diakens.
Elkeen van die veertien wyke in die gemeente het 'n ouderling en 'n diaken. Hulle word bygestaan deur 'n aantal dienswerkers in die wyk. Die ouderling, diaken en dienswerkers van 'n betrokke wyk vorm 'n bedieningspan.
Die omsieners is verantwoordelik vir vier-vyf herderleiers van selgemeentes.
Die ouderlinge vorm saam die ouderlingraad en die diakens vorm saam die diakonie.
- Kerkraad, Desember 2008 (PDF)
