Tieners
Tienerbediening
Die tienerbediening in ons gemeente se doel is om elke tiener binne ons omgewing te begelei tot 'n lewe in oorvloed (Joh 10:10).
Die ruggraat van hierdie bediening is tans die gereelde JEUGDIENS wat elke Sondag in die skoolkwartaal om 17:30 plaasvind. Tydens hierdie diens kry tieners die geleentheid om op hulle manier die Here te loof en te prys en 'n boodskap wat relevant is vir hulle lewenssituasie te hoor.
Na die jeugdiens verdeel die tieners in kleingroepe waar hulle na mekaar kan uitreik en in diepte kan gesels oor wat die Woord van die Here vir hulle beteken.
Hierna is dit koffiekroeg, volleyball, kuier en pret!!
Kategese: Sondae na aanddiens
Vrydae 18:00—22:00: OPPI-KOFFIE!!
Oppikoffie is die plek om te wees Vrydagaande as jy jonk en energiek is—vind uit waar dit is!
Big events
Een maal per maand word daar op 'n Vrydagaand 'n groot gebeurtenis aangebied waar jongmense hulle oortollige energie kan kom verbrand.
Jeugkerkraad
Die jeugkerkraad is verantwoordelik vir die jeugbyeenkomste, kampe, uitstappies en ander jeug-aktiwiteite.
Dit bestaan telkens uit die jongmense wat belydenis van geloof afgelê het.
