Ontdek jou plek

 

Ontdek jou plek seminare

Aan die einde van ons lewens wil ons graag sê: "My lewe was die moeite werd." Ons sal dit kan sê ons weet dat ons die doel waarvoor God ons op aarde geplaas het, ontdek het, en ons lewens daarvolgens ingerig het.

Om ons doel te kan ontdek moet ons egter eers die hart van 'n dienskneg ontwikkel. Ons ware lewensdoel het sonder twyfel te make met die een of ander manier van dienslewer.

 

Jesus se hart

Jesus het die hart van 'n dienskneg gehad. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (Mk 10:45). Paulus bevestig dit wanneer hy in sy brief aan die gelowiges in Filippi die volgende sê: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. (Fil 2:6-7) Jesus was 'n ware diakonos (Gr = dienskneg).

Jesus roep ons om óók diensknegte te wees. Op pad na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word, sê Hy vir sy dissipels" “Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. (Markus 10:42-44)

In die bovertrek, net voor sy gevangeneming en net nadat Hy sy disispels se voete gewas het, sê Jesus: As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. ít verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” (Johannes 13:14-17)

En Paulus sê dit só: Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was (Fil 2:5)

Wat 'n voorreg is dit nie om geroep te word om dieselfde gestalte as dié van ons Meester in te neem nie!

Terug na bo ...

 

Gawes

Maar daar iets meer: Jesus roep ons nie net nie, Hy rus ons ook toe deur sy Gees wat aan ons elkeen besondere gawes gee. Paulus verduidelik dit so: elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. ... al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil.(1 Kor 12:7, 11)

'n Geestelike gawe (charisma) is 'n spesiale vermoë wat die Gees uit genade gee aan elkeen van die ledemate van die liggaam van Christus, in ooreenstemming met God se beplanning en ontwerp, om die kerk op te bou en die koninkryk uit te bou.

Dit is belangrik om die volgende raak te sien:

 

Passie

Hiermee saam gee Hy aan elkeen van ons 'n spesiale belangstelling of passie. Hierdie passie kan wees vir mense (kinders, bejaardes, tieners, siekes ens.) of vir 'n bepaalde saak (armoede, dissipelskap, geweld, onderwys), of vir 'n rol (leierskap, administrasie, berader, instrukteur). Ons passie is 'n aanduiding van die terrein of area waar die Here ons wil gebruik.

 

Persoonlikheid / Styl

Die Here het elkeen van ons op 'n spesfieke manier aanmekaar gesit. Sommige mense is meer taakgerig as mensgerig Ander is weer meer georganiseerd terwyl baie meer ongeorganiseerd is. Die Here wil ook ons persoonlikheid gebruik in sy diens.

 

Ons dienaarsprofiel

Hierdie drie komponente (ons gawe, ons passie, en ons persoonlikheid) vorm ons dienaarsprofiel. Elke gelowige se dienaarsprofiel is uniek en onvervangbaar. Hierdie profiel dui op die plek waar die Here ons wil gebruik, en is ook 'n aanduiding van die doel waarvoor Hy ons op aarde geplaas het.

Wanneer jy jou dienaarsprofiel ontdek het, sal jy beter in staat wees om te bepaal watter diensgeleentheid in die kerk en in die koninkryk vir jou bedoel is.

 

Terug na bo ...

Dienaarsprofiel

Indien jy graag jou dienaarsprofiel wil ontdek, skakel met ds Freddie Schoeman (664-3751 of
084-581-8139) of met Willie Potgieter
(663-3219)