Kinderbediening

Kindereredienste
09:00-10:00 (3-6jr; Gr 1-3; Gr 4-6)
Kinderkerk elke Sondag tydens erediens (kinders woon eerste gedeelte van erediens by waarna hulle na die saal gaan vir kinderkerk en kategese.)
Ons kinders word tans op 'n unieke manier bedien!
Daar is drie groepe wat afsonderlik bymekaarkom
- Voorskoolse kinders 3-6 jaar (Kleuters en Peuters)
- Laerskoolkinders Graad 1-3 (Junior kinders)
- Laerskoolkinders Graad 4-6 (Senior kinders)
Graad 7 kinders word as deel van die tienerbediening hanteer.
'n Volledig uitgewerkte kurrikulum word gevolg, wat deur Paidion kinderbediening ontwikkel is. Elke geleentheid (09:00 - 10:00) word verdeel in twee gedeeltes: 'n erediens-gedeelte en 'n kleingroep (kategese)-gedeelte. Die onderwerp wat tydens die erediens hanteer is, word in die kleingroep vasgelê.
