Eredienste
Gewone eredienste
Gewone eredienste vind elke Sondagoggend as volg plaas:
- 09:00 - 10:00 Tradisioneel (die gewone liturgie word gevolg)
- 18:00 - 18:45 Aanddiens
- 18:45 - 19:30 Kategese / Kuier
- 19:30 - 20:00 Speel / Kuier
Die kerklike jaar word nougeset gevolg en die tekste van die Algemene Leesrooster (Revised Common Lectionary) of die van die Woordwyser ('n Bybelleesprogram wat deur die Sinode van Oos-Transvaal, ontwikkel is) word normaalweg gevolg. 'n Reeks spesiale eredienste, wat aansluit by die viering van die kerklike jaar, vind ook plaas.
Spesiale eredienste
Aard |
(As-Woensdag) - Nagmaal |
(Tennebrae-diens) - 'n Diens van duisternis en lig |
(Groot Lydensweek) - Eredienste ter herdenking van Jesus se lydensweg |
(Donderdag voor Goeie Vrydag: Nagmaal / Ontsiering van die kerk) - Herdenking van die instelling van die nagmaal en Jesus se gevangeneming |
(Goeie Vrydag) - Herdenking van Jesus se kruisiging |
(Paaswaak) - Herdenking van Jesus se opstanding / Belydenisgroep lê belydenis van geloof af |
