Onderlinge Sorg: 'n Aanpassing in Ons Bedieningspatroon

Een van die vyf kern-funksies van ‘n Bybelse geloofsgemeenskap is om vir mekaar om te gee en vir mekaar te sorg. (Die ander is: evangelisasie, aanbidding, lering en sending.)

Ons leef tans in ‘n tyd waarin dit o.a. vanweë misdaad toenemend noodsaaklik word om na mekaar om te sien. Ten einde dit te doen is ons besig om ‘n aanpassing in ons bedie-ningspatroon aan te bring. Hierdie saak was met die afgelope twee kerkraadsvergaderings op die agenda.

 

Herindeling van Wyke

Om na mekaar om te sien is dit noodsaaklik om mekaar goed te leer ken. Daarom het ons dit goed gedink om die gemeente te verdeel in vier blokke en elkeen van die vier blokke weer te verdeel in ’n aantal wyke met ongeveer 10 huisgesinne in elke wyk. Elke wyk sal dan deur ‘n ouderling en diaken bedien word (asook dienswerkers indien nodig).

Die taak van die ouderling en diaken sal wees om lidmate aan te moedig om na mekaar om te sien.

Inwoners in die blokke sal van tyd tot tyd uitgenooi word om bymekaar te kom sodat ons mekaar kan leer ken. Ook inwoners wat nie lidmate is nie, sal na hierdie blokbyeenkomste uitgenooi word sodat ons ‘n gesamentlike veiligheidsnetwerk (‘n soort buurtwag) kan vorm.

Die blokindeling lyk soos volg:

 

Blokbyeenkomste

Datums vir blokbyeenkomste is as volg:

Al hierdie byeenkomste vind plaas om 12:00 en sal die vorm van ‘n bring en braai aanneem.

 

Skeiding van Funksies

Ten einde die effektiwiteit van die kerkraad te verhoog, is daar besluit om die twee funksies van die kerkraad (bestuur en lidmaatversoring) van mekaar te skei. Die ouderlinge en diakens wat binne die blokke in wyksverband dien fokus op lidmaatversorging. Hulle sal nie kerkraadsvergaderings hoef by te woon nie hoewel hulle enige tyd welkom sal wees om dit te doen. Hulle moet egter allereers hulle aandag en energie op die lidmate binne hulle wyke fokus.

Die bestuursfunksie van die kerkraad (bedieninge en administrasie) sal waargeneem word deur ‘n uitvoerende kerkraad wat deur die kerkraad verkies sal word. Die lede van die uitvoerende kerkraad sal nie in wyke dien nie. Die verkiesing van die uit-voerende kerkraad sal plaasvind tydens die volgende kerkraadvergadering op 15 Feb-ruarie. Tydens hierdie geleentheid moet daar ook ‘n voorsitter vir die kerkraad gekies word. Ons verwelkom graag voorstelle hiervoor vanuit die gemeente.

 

Dienswerkers

Huidige dienswerkers word uitgenooi na een van twee besprekingsgeleenthede oor hierdie aanpassing in ons bedieningspatroon. Dit sal plaasvind telkens ná die eerste erediens op 5 en 12 Februarie. Volledig inligting sal deurgegee word. Kerkraadslede is ook welkom om hierdie geleenthede by te woon.

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

Nuus