Hulp vir die Alpha-projek
Kursus aanbieding
Groepleiers
Die groepleier is verantwoordelik vir die leiding van die kleingroepbesprekings na elke praatjie tydens die die kursus. Verder moet die groepleier ook sy/haar groeplede geestelik kan bystaan deur vir hulle te bid, hulle aan te moedig en God se liefde aan hulle te bedien.
Groepassistent en -helper
Die groepassistent staan die groepleier by in die uitvoering van sy/haar verantwoordelikheid en staan in vir die leier indien nodig. Die helper sien om na die administratiewe sake van die groep en ander los takies wat die leier van tyd tot tyd aan hom/haar sal opdra.
Sang en musiekbediening
Vanaf die tweede of derde aand begin ons met samesang voor die praatjie. Die sang- en musiekbedieningspan is hiervoor verantwoordelik.
Taakspan
Die taakspan het twee groot verantwoordelikhede, nl. die etes en die logistiek.
Etes
Dit behels: die voorbereiding, bediening van die etes asook tee/koffie tydens elke aand se aanbieding. Die opruim na die tyd (was van skottelgoed, wegpak ens.) is ook deel van hulle taak.
Logistiek: saal
Dit behels die opstel en versiering van die tafels (tafeldoeke, blomme, kerse ens.) asook die wegpak na die tyd.
Logistiek: toerusting
Dit behels die opstel van die klanktoerusting, die projektor en die bandopnemer asook die voorbereiding en hantering van die projeksie.
Administrasie
Finansies
Take sluit in: die opstel van ‘n begroting vir die totale projek, die skep van ‘n volledige boekhou-stelsel, die opname van die donasies en die korrekte hatering daarvan (tel, inbetaal, opskryf ens.).
Inskrywings
Alle inskrywings moet op rekord geplaas word, die groepindelings moet gedoen word, die naam-kaartjies moet gemaak word, die registrasie-prosedure moet uitgewerk word ens.
Ja, ek wil graag help met die aanbieding van die Alpha-kursus. Hier is my besonderhede.
