Alpha-kursus

 

Ondersoek die betekenis van die lewe!

NG Gemeente Lyttelton-Oos en kerksondermure bied 'n nuwe kursus aan vanaf 19 Januarie 2010 tot 30 Maart 2010.Dit is ‘n plek om die betekenis van die lewe te kom ondersoek, om ander soekendes en vraendes te ontmoet, en om jou insig te kom deel.

 

Formaat

‘n Ligte aandete gevolg deur ‘n praatjie en tyd vir vrae. Na koffie & tee volg besprekings in kleingroepe.

Volledige aantekeninge is beskikbaar. Vir verdere inligting en inskrywings vir die volgende Alpha-kursus, skakel ds Freddie Schoeman, tel (012) 664 3751 of skryf in deur die vorm hier onder in te vul.

 

Wanneer 

Dinsdagaande 18:30 - 21:00; 19 Januarie 2010 - 30 Maart 2010.  
 

Plek 

NG Gemeente Lyttelton-Oos, h/v Molteno & Van Riebeecklaan, Lyttelton Manor (tussen Waterkloof Lugmagbasis en Bothalaan)

Sien kaart

 

Kostes 

Slegs ‘n donasie vir aandetes

 

Video 1: Bear Grylls

 

 

Video 2: Bear Grylls

 

 

Alpha staan vir:

A = Almal is welkom om te kom.
L = Lag en leer. In 'n ontspanne nie-bedreigende atmosfeer (waaarin humor 'n groot rol speel) leer mense die basiese inhoud van die christelike geloof.

P = Pasta of Pizza. Deur saam te eet en te gesels word vriendskapsbande gebou.

H = Hulp. Kursusgangers help mekaar deur gedagtes te wissel, die Bybel te bestudeer, en indien gepas, vir mekaar te bid.

A = Alle vrae is ontvanklik. Geen vraag word beskou as te eenvoudig of te vyandig nie.

 

Ander inligting


Alpha webAnder inligting oor Alpha is op hulle webwerf beskikbaar:

 

Hoe kan ek hulp aanbied vir die Alpha-projek?

Die sukses van die Alpha-projek hang af van die mense wat meehelp tydens die projek. Alle hulp is welkom, maar daar is spesifieke take en verantwoordelikhede wat aan sekere mense toegesê moet word. Lees asseblief die bladsy oor Hulp vir die Alpha-projek.

 

Inskrywingsvorm

Vul asb hierdie e-pos vorm in om te registreer vir die kursus.

Of: Laai die vorm hier af, vul dit in en pos na:

Alpha-Kursus 2009
NG Kerk Lyttelton-Oos
Krugerlaan 105
Lyttelton
0157

 

 

 

 

 

Noemnaam:

Van:

Adres:

Tel No:

Sel No:

E-Pos Adres:

Ouderdom:

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

Hulp vir die Alpha-projek

www.alpha.org.uk

Inskrywingsvorm