Aksie 2+

 

Doel

Aksie Twee is ons huweliks- en gesinsaksie.  Die doel van hierdie bediening is om die huwelike en gesinne te verryk en te versterk.  Ons wil ook graag uitreik na mense buite ons gemeente en daarom nooi ons almal wat belangstel uit na die aktiwiteite van hierdie bediening.

 

Aktiwiteite

Aksie 2+Die aktiwiteite van hierdie bediening is gerig op almal wat getroud is en op alle gesinne.

Daar is veral drie soort aktiwiteite wat gereël word:

 

Program

Die volgende geleentheid op die program is:

Persoonlikheidsverskille kan 'n groot invloed uitoefen op ons verhoudings.  Ons dink baiemaal ander mense moet soos ons dink en optree en is dan verras wanneer hulle dit nie doen nie.  Dit kan ly tot ernstige konflikte en spanning.  As ons egter mekaar beter kan verstaan en byvoorbeeld begryp hoekom my man/vrou /kind soms maak soos hulle maak, dan versterk dit ons verhouding.

 

 Inligting

Hou die nuusbriewe (Herout / Afkondigings / Elektroniese nuusbrief) dop vir inligting of kontak Freddie Schoeman.

 

 

Terug na bo ...

Sien ook ...

Nuwe Aksies en Fokus-areas in 2006