Nuwe Aksies en Fokus-areas in 2006
Gedurende 2006 is ons van plan om 'n hele aantal nuwe aksies en aktiwiteite te loods.
Indien jy by een of meer van hierdie aksies betrokke wil raak, stuur 'n epos na lyttoos@mweb.co.za.
Aksie 2 +
'n Bediening gefokus op jonggetroudes en gesinne met jong kinders. Ons kom een keer per maand bymekaar en beplan om huwelik- en ouerseminare te reël en sprekers te kry om oor relevante onderwerpe te gesels.
(Lees meer hier ...)
Aksie Een
'n Bediening gefokus op enkellopendes van enige ouderdom. Ons reël byeenkomste en seminare of kampe met sprekers oor relevante onderwerpe.
Mosaïek
''Mo-sa-ïek' (-e): Mengeling van uiteenlopende bestanddele...'
Is jy moeg vir die gewone? Is jy lus vir iets besonders? Dan is mosaïek vir jou!
- Almal welkom – veral die mosaïek-generasie
- Sondae 19:00 vanaf 12 Februarie
- Nie skoolvakansies nie
(Lees meer hier ...)
Adoramus
- Begin Woensdag-aand 8 Februarie om 20:00
- Stilte en oordenking in die teenwoordigheid van God
- Sien almanak vir verdere datums
(Lees meer hier ...)
Eredienswerkgroep
Help met die beplanning van ons eredienste deur navorsing, bespreking, ontwikelling van visuele aanbiedings, die inwin van mense se stories (getuienisse), sang en musiek. Hierdie groep kom gereeld elke Donderdagaan om 20h30 by Krugerlaan 105 bymekaar op 'n vrywillige en spontane basis. Dit is nie geslote nie en enigeen wat insette wil lewer is welkom.
Helpmekaar Bediening
Help om 'n bediening te bou waar lidmate hulle gawes / talente en vermoëns vir mekaar beskikbaar stel. Ons beoog om 'n databasis van kundigheid op te stel ten einde mekaar van hulp te kan wees.
Gebedsbediening
Indien jy wil help om 'n omvattende gebedsbediening daar te stel, skakel Hannelie du Preez by 082 908 3992.
Kleingroepgashere
Wees gasheer vir ‘n kleingroep in 2006 deur jou huis/woonkamer beskikbar te stel. Doel: bespreking van inhoud van boodskapreekse.
- 6 weke in eerste kwartaal en / of
- 6 weke in tweede kwartaal en / of
- 6 weke in derde kwartaal
