Belangrike Datums vir 2012
IMPAKKONFERENSIE - Sondag 22 Januarie 2012
Kom kyk hoe ons beplan om as gemeente ‘n impak te maak vir die Koninkryk en veral hoe jy deel daarvan kan wees.
Wanneer: Sondag 22 Januarie 2012
Tyd: 11:00—14:00 (Middagete ingesluit)
Koste: Gratis, donasie vir die ete
Plek: Aksie Arbeiders se nuwe bedieningsentrum, Pretoriusstraat 802, Arcadia.
Kontak: Heinz Meissner (0828068530)
GROEIGROEPE - Middel Februarie 2012
Wees deel van groep gelowiges wat mekaar aanmoedig, ondersteun en inspireer om te groei as mens en as gelowige.
Wanneer: Middel Februarie—Middel Mei en dan weer Middel Augustus—Middel November
Kontak: Tian Dry (0823206477)
NUWE AANDDIENS BEGIN - 29 Januarie 2012
Kom dien die Here op ‘n informele manier met lofprysing en aanbidding en kom drink uit die lewende water van die Woord. Kuier na die tyd saam en gesels oor God se werk in jou lewe. Nooi soveel as moontlik vriende en familie vir hierdie besondere afskopgeleentheid.
Kontak: Sandra Meyer (0823748923)
Waar: Kerkgebou
ADORAMUSDIENSTE - 1 Februarie 2012
Beleef die Here deur in stilte te fokus op sy teenwoordigheid, na te dink oor sy Woord en deur meditatiewe liedere saam te sing.
Wanneer: Eerste Woensdag van die maand in skoolkwartaal (sien almanak)
Waar: Kerkgebou
Tyd: 19:00
ONTDEK JOU POTENSIAAL - 5 Februarie 2012
Met watter besondere talente het die Here jou toegerus? Wat is daar wat jy beter as die meeste mense kan doen? En hoe kan jy dit gebruik in jou werk, jou gesin, jou verhoudings, in die gemeente ens.? Hierdie seminaar help jou om dit te ontdek.
Wanneer: Sondag 5 Februarie 2012
Tyd: 11:00—17:30
Koste: R190 vir gemeentelede (R290 vir nie-gemeentelede)
Waar: Gemeentesentrum
GEMEENTEKAMP - 10 tot 12 Februarie 2012
Daar is min dinge so opbouend en verfrissend as ʼn naweek saam met mede-gelowiges. Kuier lekker om ‘n kampvuur, maak saam iets te ete, luister na ‘n insiggewende praatjie, stap saam, speel saam, lag saam ...
Wanneer: 10-12 Februarie 2012
Waar: Dieselfde plek as laas (!)
Kontak: Minari Nel 0843178820
Koste: So min as moontlik
PARKNIEK - 17 Februarie 2012
Ons hou piekniek in Fleurpark en ons nooi die hele gemeenskap om dit saam met ons te doen. Dis ʼn geleentheid om mekaar te leer ken en heerlik saam te kuier.
Wanneer: Vrydagaand 17 Februarie vanaf 18:00
Waar: Fleurpark
Kontak: Voorloping Tania Roos (0815566274) - Ons soek egter vyf mense om dit te reël.
REEKS: VERANDER JOU LEWE - 19 Februarie 2012
Krepeer jy of floreer jy? Ontdek die geheim van ‘n hoë kwaliteit lewe en deel dit ook met ander deur hulle uit nooi na hierdie reeks. Dit sal tydens die oggend– en aanddienste aangebied word.
Wanneer: Elke Sondag 19 Februarie tot 15 Maart 2012
Groeigroeptemas vir hierdie tydperk sluit hierby aan.
ASWOENSDAG
Die belangrikste tyd in die kerkjaar, die herdenking van Jesus se kruisiging en opstanding, word voorafgegaan deur ‘n tyd van gebed, vas en sondebelydenis. Hierdie tyd, bekend as Lydenstyd, begin met Aswoensdag op 22 Februarie 2012.
Wat: Aswoensdagdiens (Nagmaal)
Wanneer: 22 Februarie 2012
Tyd: 19:00
GROOT LYDENSWEEK EN PAASFEES - 1 April tot 8 April 2012
Die hoogtepunt van die herdenking van Jesus lyding en opstanding begin met die viering van Jesus se intog in Jerusalem met Palmsondag op Sondag 1 April. Eredienste vind plaas elke aand van dié week met ‘n Nagmaalsviering op Donderdag 5 April.
Palmsondag: 1 April Erediens om 09:00
Maandag: 2 April Erediens om 19:00
Dinsdag: 3 April Erediens om 19:00
Woensdag 4 April Erediens om 19:00
Nagmaal: 5 April om 19:00
Goeie Vrydag: 6 April Erediens om 09:00
Paassondag: Erediens om 09:00
