Wat gebeur as jy naby aan die Here leef?
Preek
Sondag 25 Januarie 2009
Wat gebeur wanneer jy naby aan die Here leef?
Hoe beïnvloed dit jou lewe? Wat is die effek van 'n lewe naby aan die Here op jou persoonlike lewe, jou gesinslewe, jou werkslewe?
---ooo---000---ooo---
In die heel eerste plek: as jy naby aan die Here leef, het jy 'n konstante bron van krag en energie. Dit gebeur dikwels in ons lewens dat dit voel asof ons 'n muur slaan: ons word so moedeloos van frustrasie en terugslae as dinge net nie uitwerk soos wat dit moet uitwerk nie, of as die een slegte ding na die ander gebeur; dit voel asof al jou energie by jou vingerpunte uitloop! Dit voel soms asof jy so moeg is dat jy nie die een voet na die ander kan sit nie.
Jesus het dit ook ervaar: ons weet dat Hy as mens ook moedeloos en moeg geword het. In Markus 1:32 e.v. lees ons dat Jesus tot laat die dag gewerk het: mense het hulle siekes en mense wat met bose geeste besete was na Hom toe gebring ("Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom."). Stel jouself voor hoe Jesus moes gevoel het: moeg, gedreineer, getap … wat doen Hy? Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid. (Mk 1:35)
Wat doen Jesus as Hy moeg is? Hy bring tyd saam met sy Vader deur! Hy weet dis die bron sy energie – Hy moet naby aan sy Vader leef. Wat sou ons gedoen het? Miskien so 'n bietjie later gelê het, 'n bietjie dieper onder die komberse ingekruip het ... nog 'n bietjie slaap sal ons ons kragte laat herwin. Jesus soek sy energie nie in slaap nie, maar in tyd saam met sy Vader – wat die ware bron van elkeen van ons se energie is.
---ooo---000---ooo---
In die tweede plek: jy ervaar die Here se hulp en bystand wanneer jy dit nodig het. Dit gebeur ook dikwels in ons lewens dat ons onsself vasdraai in situasies, dat ons nie meer weet herwaarts of derwaarts nie. Ons beland in die moeilikheid deur ons eie of deur ander se toedoen of deur 'n kombinasie van beide – ons ervaar dat dinge net nie uitwerk nie en dat oplossings ons ontwyk. Ons sien net nie lig nie – ons het die einde van ons vermoëns bereik, die einde van ons idees, die einde van ons kreatiwiteit. (Werk, in ons gesinne in ons verhoudings met mense – orals.)
Dit is in sulke situasies dat ons die hulp en bystand van die Here beleef – as ons die kuns om naby aan Hom te leef bemeester het. Elia het dit ervaar na die gebeure op die berg Karmel. Elia was 'n man van God. Hy het regtig naby aan die Here geleef. Dit het hom in staat gestel om 'n groot oorwinning oor die profete van die afgod Baäl op die berg Karmel te behaal. U ken die storie ...
Maar daarna, toe Elia voor die koningin Isebel moes vlug, het Elia skielik alle moed en hoop verloor. Hy kon nie sy weg vorentoe sien nie. Hy was bang, moedeloos en hooploos. Ons lees in 1 Kon 19:4 dat hy die woestyn ingevlug het en onder 'n besembos gaan lê het en gewens het dat hy net kan doodgaan.
Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” (1 Kon 19:4)
Wat gebeur toe? 'n Engel van die Here skud Hom wakker en gee vir hom brood en water om te eet. Later verskyn die Here self aan Hom om Hom te versterk. Ons sien dus hier hoe hierdie profeet, hierdie man van God die Here se hulp en bystand beleef. Hy beleef dit omdat Elia al vir 'n lang tyd naby aan die Here geleef het, dit was sy lewenspraktyk.
Wanneer ons naby aan die Here leef, nie net vir dag of twee, of 'n uur of twee nie, maar as dit deel vorm van ons lewenspraktyk, dan beleef ons die hulp en die bystand van die Here wanneer ons dit nodig het.
---ooo---000---ooo---
In die derde plek: wanneer ons naby aan die Here leef dan ontdek ons wat sy wil vir ons lewens is. Dit gebeur soms dat ons voel dat ons nêrens kom in die lewe nie – asof die lewe net sy sin en sy betekenis verloor het. Daar is 'n soort leegheid in ons lewens wat ons probeer vul met allerhande dinge: vermaak ... Ons vra: waarvoor leef ons? Is dit nog die moete werd om te leef? Dis presies die vraag wat Elia gevra het:
“Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God. Die Israeliete het die verbond met u verbreek. Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak. Net ek het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”
Wat sê Elia hier? Hy het alles gegee – hy het sy hele lewe gewy aan God se saak – maar vir wat? Om maar net vir sy lewe te vlug? Is dit 'n soort lewe wat die moete werd is om te lewe?
Die Here se reaksie is baie interessant. In stede daarvan om Elia te troos en vir hom te sê om 'n bietjie te gaan lê hy sal nou-nou beter voel, sê die Here:
“Draai in jou spore om na die Damaskuswoestyn toe, en as jy daar aangekom het, moet jy vir Gasael salf tot koning van Aram. 16 Jy moet ook vir Jehu seun van Nimsi salf tot koning van Israel, en vir Elisa seun van Safat uit Abel-Megola moet jy salf tot profeet om jou op te volg. (1 Kon 19:15-16)
Die Here sê Elia: Ek wil het jy moet dit en dit en dit gaan doen. Ek het nog werk vir jou. Jy moet nog namens my 'n klomp goed gaan doen. Jy mag miskien voel asof die lewe nie die moeite werd is nie – maar Ek kan en wil jou nog gebruik – jou lewe is nog lank nie verby nie – in my oë is jy kosbaar, vir my is jy waardevol.
Wanneer ons naby aan die Here leef, dan ontdek ons watter koers en rigting ons lewens moet inslaan. Ons lewens word gevul met sin en betekenis, want ons weet as ons besig is waarmee die Here wil hê ons moet mee besig wees, dan is ons lewens die moeite werd om te leef.
---ooo---000---ooo---
Daar is vierde ding wat gebeur as ons naby aan die Here leef: ons beleef hoe die Here ons heelmaak en genees.
Ons dra almal wonde uit die verlede met ons saam. Wonde wat onder andere deur ons eie sonde veroorsaak word of wonde wat veroorsaak word wanneer ons lei onder ander se sonde. In Lukas het ons die afgelope week met behulp van die Woordwyser gelees van die verlamde man wat deur sy vriende na Jesus toe gebring is.
Hulle was so desperaat om hulle vriend naby aan Jesus te bring dat hulle die dak oopgebreek het om dit te kan doen.
Dis interessant dat Jesus hom nie onmiddelik van sy fisiese gebrek genees nie, maar eers vir hom sê: “Mens, jou sondes is jou vergewe.” Jesus kyk dieper as net die fisiese. Jesus sien dat sonde mense stukkend breek. Hierdie man was nie verlam as gevolg van sy sonde nie – dis nie wat Jesus hier sê nie – maar Hy sê wel dat sonde mense se lewens verwoes en wonde veroorsaak.
Hy sê ook dat dit God ons graag van ons sonde-wonde wil genees. God wil ons emosionele seer en stukkendheid kom heelmaak. Hy doen dit wanneer ons naby aan Hom leef.
---ooo---000---ooo---
Daar is 'n vyfde ding wat gebeur as ons naby aan die Here leef: Hy maak ons bewus van ons potensiaal. Hy vestig ons aandag op die talente, die gawes en vermoëns wat Hy in ons geplaas het toe Hy ons geskep het. En Hy help ons om dit te ontwikkel en te gebruik.
Hoekom gee die Here vir ons talente? Ek verwys hier na gewone en buitengewone talente. Buitengewone talente is die talent om te sing, musiek te maak, kunswerke te skep, gedigte te dig ... ens. Gewone talente is goed wat ons nie gewoonlik as talente sien nie en daarom geneig is om mis te kyk: 'n talent om verhoudings te bou ; 'n talent om dinge te organiseer; 'n talent om ander te motiveer; 'n talent om kennis te versamel, 'n talent om strategies te dink en te beplan ens.
Hoekom gee die Here vir ons talente? In Matt 25 lees ons van die gelykenis van die talente ("muntstukke"). Die Here vertrou aan elke dienskneg 'n sekere hoeveelheid talente toe. Hy verwag van hulle om dit so te gebruik dat dit meer word, dat dit vrug dra, dat dit effek het. Dit moet nie net lê nie.
In dieselfde hoofstuk lees ons dat Jesus sê: vir sover julle dit aan die geringstes gedoen het ... ek was naak, honger, dors.
Die Here wil ons talente gebruik om ander mee te dien, om waarde toe te voeg tot ander se lewens, om die lewe vir ander beter te maak, om 'n verskil te maak in ander mense se lewens.
Wanneer ons naby aan die Here leef, dan word ons bewus nie net van die nood van ander mense nie, maar ook hoe om dit beter te maak. Die Here help ons om brandende braambosse raak te sien en wat ons kan doen, met die talente en die vermoëns wat Hy vir ons gegee het, om die nood te verlig.
---ooo---000---ooo---
Die volgende vraag is nou:
Hoe kan ons naby aan die Here leef? Dit is volgende week se tema!

Labels: preke