2007-06-29

LitNet | KKNK Oop gesprek: Geen God – of God-geen?

George Claassen se bydrae tot Oop Gesprek by die KKNK.

Is daar redes om te glo? Of is geloof en rede onversoenbaar?

Ek wil dié vrae dadelik en direk met ’n nee en ’n ja beantwoord.

Nee, daar is geen enkele rede om vandag nog te glo of te moet glo nie. Daarvoor het die wetenskap sedert Copernicus en Galileo in die 16de eeu, Darwin in die 19de eeu en moderne bevindings vandag te verdoemend die sprokies wat in die Bybel, die Koran en ander heilige boeke voorkom, finaal nek omgedraai.

En ja, geloof en rede is inderdaad onversoenbaar in die eeu waarin wetenskaplike bevindings en rasionaliteit die enigste meganismes is om te oorleef in ’n heelal en sonnestelsel waarin die God waarin soveel glo, duidelik nog nooit sy of haar verskyning gemaak het nie, of darem te dêm stil is wanneer die mens hom of haar die nodigste het.

LitNet | KKNK Oop gesprek: Geen God of God-geen?

Dr Gerrit Brand, boekeredakteur van Die Burger, se bydrae tot Oop Gesprek by KKNK.

In die feesprogram se toeligting by die tema word onder meer na Richard Dawkins se boek The God Delusion verwys. In dié boek stel Dawkins dit duidelik dat dit, volgens hom, hoogs waarskynlik is dat daar “geen God” is nie. As deel van sy betoog ter ondersteuning hiervan gaan hy taamlik uitgebreid in op moontlike verklarings vir die feit dat mense nietemin godsdienstig is. Nes sy vriend en geesgenoot Daniel Dennett, ook ’n “belydende ateïs” (met apologie aan John Kannemeyer), oorweeg hy ’n aantal natuurlike, toetsbare verklarings vir die feit dat mense klaarblyklik ’n geneigdheid tot godsdiens het.

2007-06-28

Pentecostals buckle up Africa's Bible belt : Mail & Guardian Online

Tim Cocks skryf uit Kampala, Uganda, oor die asemrowende groei en materialisme van die Pentekostalistiese geloof in Afrika.

As the miracle-healer descended from the sky in an immaculate white helicopter, his disciples cheered with joy: "Hallelujah! Praise Jesus."

Gospel songs thundered through the speakers as televangelist Benny Hinn landed outside Uganda's national stadium last month, before addressing 40 000 enraptured faithful.

His white suit picked out by floodlights, the United States-based preacher promised a "miracle crusade" to heal the sick, make the blind see and the lame walk. "In Jesus's name, lift your hands and sing," he cried, almost drowned out by cheering.

Pentecostal religion is mushrooming in Africa.

The US Pew Forum on Religion and Public Life says Pentecostalism is growing globally, with a quarter of the world's two billion Christians thought to be members of these faiths that emphasise speaking in tongues, divine healing, prophesy and a strongly literal interpretation of Bible stories.

In Africa all churches are booming, but Pentecostalism is overtaking traditional Catholic and Anglican faiths brought by European colonisers over a century ago.

'Fervent prayer, 24 hours'
Pentecostals and charismatics now account for 147-million Africans, 17% of the continent's people, compared with 5% in 1970, the World Christian Database says.

South Africa's Apostolic Faith Mission is its biggest church. A third of urban South Africans are Pentecostals.

America's preachers have long grasped the potential material rewards of their spiritual gifts.

Hinn has said he earns up to $1-million a year, lives in a $10-million seaside mansion and owns a private jet. Creflo Dollar, who visited Uganda this month, drives a Rolls Royce.

Africa's preachers are learning fast.

At Uganda's Holy Fire Ministry -- a marquee beside a dirt track near the airport -- hundreds line up for blessings from "Prophet" Pius Muwanguzi, whose purported talents include curing Aids by touching the forehead.

In the kneeling congregation: a polio victim, a blind man and a girl who lost her phone.

The pastor touches an old woman, she faints. Then out come the collection envelopes. Minimum is 100 000 Uganda shillings ($62,50), although the poor can give as little as 10 000 to receive a blessing.

Muwanguzi, whose own blessings include a smart suit and a new Toyota Land Cruiser, declined an interview. But his secretary, Jackie Kamanyire, said payments were voluntary.

"If you feel like sowing a seed, you sow. It comes from your heart. The Prophet cures Aids, cancer and cell disease with his blessings."

Cameroon's Pierre Anatole Mbezele, who stages miracles at his Yaoundé church, gets showered with lavish gifts, including on two occasions a Mercedes-Benz.

Francis Adroa gave her car to a Ugandan church promising to cure her of HIV/Aids. The miracle failed, she got sicker. And she's now a pedestrian.


2007-06-25

Kerke moenie akwariums word

Stephan Joubert gebruik die beeld van 'n akwarium om 'n nie-missionêre kerk te beskryf.

Ek leer by Gerard dat ons te alle koste moet keer dat kerke geestelike akwariums word. Akwariums is sulke verbruikersvriendelike plekke. Daar’s vaste voedingstye vir visse; die water se temperatuur word gereguleer en roofvisse word weggehou. Daar’s heeltydse akwariumpersoneel wat die visse voer en die veeleisende publiek ten dienste is.

Te veel van ons kerklike lewe lyk egter klaar na akwariums. Ons is veilig, versigtig en verbruikersvriendelik. Ons is op hoogte met die teorie, die geskiedenis én die filosofie van visvang, maar ons doen dit selde in die praktyk. Ons waarsku oor die gevare wat die oop see inhou, maar ons is nooit self daar as diensknegte nie.

2007-06-21

North Dakota Is Sued in Church-State Case - New York Times

Moet die staat Christelike welsynsorganisasies finansiëel subsideer? Hoe raak dit godsdiensvryheid in 'n sekulêre staat. Dis vrae wat al hoe meer relevant raak in Suid-Afrika. In Amerika is daar 'n toetssaak in hierdie verband aan die gang.

A group that advocates strict separation of church and state has sued North Dakota to bar public financing of an association that provides therapeutic and rehabilitative services for troubled youth by steeping them in Christian teachings, Bible readings, religious services and rituals.

The complaint was brought Tuesday in a federal court in North Dakota by the Freedom From Religion Foundation, acting on behalf of three of the state’s taxpayers. It is the most recent in a spate of legal challenges to public financing of religion-based programs.

The foundation, a group of atheists and agnostics, argues that the state’s Division of Juvenile Services and the Ward County Social Services Department should stop committing children with behavioral and emotional problems to the Dakota Boys and Girls Ranch, which, according to the ranch’s Web site, helps “children and families succeed in the name of Christ.” The ranch — actually an association that provides a variety of residential and day programs around the state — and directors of the two government agencies are named as defendants.

2007-06-18

Sinode vind konsensus binne groot verskille

Na 'n paar aanvanklike kritiese uitsprake oor die sinode, sluit Jan-Jan Joubert hierdie artikelreeks af met dié woorde: Wat ’n voorreg was dit om hierdie sinode by te woon!

Die afgelope sinode van die NG Kerk was, teen alle verwagtings in, ’n suksesvolle balanseertoertjie wat ’n paar belangrike besluite geneem en ’n groot mate van konsensus bereik het.

Om van Maandag tot gister in daardie vergadering te sit, het ’n hele berg vooroordeel en vooropgestelde idees uitgedaag. Die sterkste indruk waarmee ’n mens daar weg is, is dat dit eerlike mense is wat in die algemeen bereid is om verrassend oopkop te stoei met die komplekse vraagstukke van ons tyd.

Dit is duidelik dat kerkhereniging vir hulle ’n saak van erns is, maar dat hulle kan grinnik oor hul eie besluite rakende die duiwel.

Geskape na God se beeld

Midde-in die debat oor kerk, geloof en homoseksualiteit, staan ds. Laurie Gaum, afgesette en in sy amp herstelde gay predikant van die NG Kerk. Neels Jackson het met hom gesels.

In die predikantshuis waarin hy grootgeword het, sê ds. Laurie Gaum, was godsdiens ingebou.

Hy praat stadig, afgemete, iemand wat sy woorde weeg en goed kies. Dit gaan immers oor die diepste goed in sy lewe.

Van kleins af was hy bewus van God, het hy die trekkrag van God gevoel. Hy wou reageer daarop, maar het baie getwyfel oor wat dit beteken om te glo.

Vroeg al het hy gedink dit oortuig hom nie heeltemal om net die hel te probeer vryspring nie.

Op skool het hy herhaalde bekerings gehad en altyd gewonder wanneer dit genoeg is. Die CSV, sê hy, het hoog opgegee oor bekering, maar nie die geloofspad wat daarop volg, genoeg uitgestippel nie.

Van hoërskool af het hy ernstige worstelinge met God gehad. Hy het so ernstig nagedink oor die godsdiens dat hy by tye gewens het hy kon die dink net stopsit.

Geloof was ’n worsteling, maar in sy hoopvolle oomblikke het hy besef dis met God wat hy worstel. Dít is ’n vorm van geloof, al is dit twyfel.

Toe hy laat in matriek besluit het om in die teologie te gaan studeer, was dit ’n keuse tussen sy kreatiewe sy en iets soos argitektuur aan die een kant, en ’n keuse om besig te wees met die belangrikste dinge van die lewe aan die ander kant.

Toe het hy al geweet dat dit hom in konflik gaan bring met wie hy is.

’n Man met vaste ankers

Neels Jackson het met die nuwe moderator van die NG Kerk gesels, Prof Piet Strauss.

‘Piet Strauss,” het dr. Coenie Burger gesê toe hy sy opvolger as moderator van die NG Kerk se algemene sinode aangekondig het, “is iemand met wie jy weet waar jy staan.”

Dít is ’n siening wat wyd in die kerk beaam sal word. As gereformeerde kerkman, as dosent in kerkgeskiedenis en kerkreg, as Afrikaner wie se Vrystaatse bloed dik loop, as mens, loop prof. Piet Strauss ’n reguit pad.

En dis nie vreemd nie. Strauss is immers ook die hoofleier van die Voortrekkers wat glo ’n Voortrekker se woord is sy eer.

Maar miskien is dié siening van die 55-jarige Vrystater ook deels die rede waarom mense maklik etikette soos “konserwatief” om hom hang. Hulle dink hulle weet presies wat om van hom te verwag en is dan verras as hulle Strauss beter leer ken.

Soos die doemprofete wat gemeen het die “konserwatiewe” Strauss en die meer “verligte” Burger sou sukkel om in die vorige moderatuur saam te werk en hulle toe ’n goeie span gevorm het.


Strauss is filosofies oor hoe mense hom sien. In sy kenmerkende helder stem merk hy op dat ’n mens sulke etikette op die lyf loop as jy sê verandering moet veranker wees.

“Verankerde verandering” is vir Strauss ’n lewensfilosofie.

Hy verduidelik dat daar konstantes of ankerpunte is wat vas bly. Daaraan kan jy egter op verskillende maniere inhoud gee.

Die voorbeeld waarmee hy dit illustreer, is die respek vir sy pa. Dit was ’n konstante deur sy lewe, maar hoe hy daaraan uiting gee, het oor die jare verander – soveel so dat hy later op ’n manier ’n vader vir sy bejaarde pa moes wees. Maar steeds met dieselfde respek as vroeër.

As Strauss homself beskryf, gebruik hy die woorde “behoudend” en “eietyds”.

In die balans en spanning tussen dié twee, voel hy hom tuis. ’n Mens sien dit ook in Strauss se benadering tot kerklike kwessies.

Wat is 'n Christen se identiteit?

Prof Amie van Wyk se rubriek in die Beeld Maandag.

En ek is ook ’n Christen, lid van die kerk van Christus en burger van die koninkryk van God – so hoop ek. En nou is die groot vraag: Watter effek het my Christelike identiteit op my ander identiteite? Bedreig my Christenskap my ander identiteite, dryf dit soos olie op die water of beïnvloed dit die ander identiteite? Indien wel, in watter mate?

Oor hierdie vraag het teoloë groot boeke geskryf, boeke wat handel oor die verhouding tussen Christus en kultuur, kerk en volk, natuur en genade.

Ek maak hieroor slegs enkele opmerkings en ek sluit aan by die haas onoortreflike beeld wat Christus van ’n Christen en die kerk gebruik het: julle is die sout vir die aarde.

Sout blokkeer – die kwaad. Dit keer dat kos versleg. My Christenskap keer dat my Afrikanerskap uitgroei tot ’n allesverterende identiteit; dit hou dinge in balans. Elke keer wanneer Christene meer waarde aan volkskap as aan Christenskap heg – en daar is min kerke waarvan ek weet wat aan hierdie gevaar ontkom – dan ontspoor die kerk.

Sout penetreer. Dit sluip in tot elke skuilhoekie van my menslike bestaan en my menslike identiteite. En dit konserveer: terwyl dit die kwaad uithou, behou dit wat goed is in my identiteite.

My Christenskap vernietig nie my kultuur nie, maar dit dóén iets daaraan, dit transformeer my kultuur en al my ander identiteite in die rigting van die koms van die koninkryk van God. My Christenskap korrigeer, kontroleer, relativeer en transformeer al my ander identiteite.

My Christenskap word – so gesien – my allesoorheersende identiteit, daardie identiteit wat aan al die ander ’n nuwe koers gee. In die lig van die groot waarde van Christus verloor alle ander waardes hul absolute betekenis (Fil. 3:7-11). As ons die koninkryk van God éérste stel en éérste soek, sal die ander dinge, ook ons ander identiteite, vanself volg (Matt. 6:33).

Die koninkryk van God bestaan uit vrede, vreugde, vryheid en geregtigheid, wat die Gees van God aan mense gee (Rom. 14:17). As hiérdie kenmerke in enige van my ander identiteite ontbreek, hou ek vergeefs daaraan vas.

Was dit Augustinus wat gesê het: Elke vaderland is vir my (as Christen) ’n vreemde land en elke vreemde land is vir my ’n vaderland?

2007-06-11

Gay-debat wys kerk se karakter

Coenie Burger kry geleentheid om sy mening te gee oor die pas afgelope Algemene Sinode. Hy vertolk die gevoel van die oorgroter meerderheid van sinodegangers.

’N Mens het die Here lief oor wie Hy is; die kerk het jy meesal lief ten spyte van wat sy is.

Só het ’n professor van ons dikwels gesê. Iets van die stelling is sekerlik waar.

Die kerk bestaan uit mense.

Mense wat probeer glo, ja, maar wat steeds maar mense bly.

Daarom maak die kerk foute, stry ons soms met mekaar, maak ons soms mense seer en doen ons nie altyd wat die Here van ons verwag nie.

Dit is sekerlik ook waar van die NG Kerk.

En ons is vanweë ons geskiedenis in die geseënde posisie dat almal dit weet! En dat vele mense daaroor skryf en gal braak in die pers. Soms om redes wat ek kan verstaan, soms om redes wat my oor hulle laat wonder.

En tog is ek – en baie ander – steeds lief vir dié kerk.

Hoe is dit moontlik, het mense al vir my gevra.

Ek dink ons sien dinge in die kerk wat ander mense nie sien nie. Moenie dink ons weet nie van die foute nie. Ons sien dit helder en die meeste van ons sal nie probeer om dit goed te praat nie.

Maar ons weet dat daar meer is aan dié kerk as net sy foute.

Ek wil drie redes noem hoekom ek lief is vir die kerk en met sy foute kan uithou.

Die belangrikste rede het my professor ons destyds geleer. Jy het die kerk lief oor die Here die kerk liefhet! Die kerk is Christus se liggaam, sy bruid. Al lyk sy soms sleg, bly Hy, soos ’n goeie Bruidegom, getrou aan haar en lief vir haar.

As jy dit moeilik verstaan, lees Hosea se storie in die Bybel.

Daar is ’n tweede rede. Met al haar foute was die NG Kerk my geestelike ma. Sy het my leer glo, sy het my van ons Vader vertel en my aan Christus voorgestel. Sy het my by die Here uitgebring.

Daarvoor sal ek haar ewig dankbaar bly.

Die derde rede is dat hierdie kerk wonderlike kante het wat mense buite nie altyd raaksien nie. Een daarvan is dat dié kerk dikwels moed kon vind om ekskuus te sê vir haar foute. In ’n wêreld waar almal van ons foute maak, maar min van ons kans sien om dit te erken, is dit ’n teken van karakter.

Ek het verlede week by die sinode weer verstaan hoekom ek lief is vir dié kerk. Ek wens meer mense kon die debat oor homoseksualiteit hoor. Ons het vier uur lank gepraat. Veertig mense, Christene met uiteenlopende standpunte, het deelgeneem.

Belangriker dalk as die besluit wat geneem is, is die manier waarop die gesprek gevoer is. In die lang debat het drie waardes helder deurgekom.

Daar is in dié kerk baie deernis vir mense. Heelwat sinodegangers en besoekers het vir my gesê dat hierdie aspek vir hulle uitgestaan het. Selfs mense met voorbehoude oor homoseksuele gedrag het moeite gedoen om die vergadering te verseker dat hulle nie mense wil uitsluit of sonder gevoel vir mense se pyn is nie. Ek kon in die intense stilte waarmee mense geluister het, die deernis aanvoel wanneer daar oor mense en hulle nood gepraat is.

Dit was ook duidelik dat gehoorsaamheid aan die Here en sy Woord vir dié kerk belangrik is.

Ons sukkel daarmee en verskil soms oor hoe ons die Bybel moet verstaan, maar ek het nie een woord gehoor wat my kon laat dink dat ’n regte verstaan van die Bybel nie ontsettend belangrik is vir elke spreker nie.

’n Derde waarde wat duidelik was, was dat hierdie mense mekaar wil vashou te midde van hulle verskille. Daarom dat die mosie wat middegrond probeer vind het, met ’n groot meerderheid aanvaar is. Ek is die Here diep dankbaar vir hierdie groter openheid en liefde vir ander Christene wat ek helder kon sien.

Vir ’n kerk wat deernis het met mense, wat moeite doen om die wil van die Here te soek en wat mekaar wil vashou ten spyte van verskille, het ek baie moed.

Ons grootste uitdaging gaan wees om hierdie liefde vir mekaar in sy volle Bybelse wydte te verstaan en ook ons arms om ons swart en bruin familie te sit en regtig deel te word van die kerk van Christus in Afrika.

Dit – dalk nog meer as die gay-vraag – gaan die diepte en egtheid van ons geloof in Christus en die krag van sy versoeningswerk toets.

Kan ek huiwerendes, ongelukkiges en klaendes nooi: Kom help ons hiermee. Dalk vind jyself ook hulp op dié manier!

2007-06-04

Gay-huwelik: maagdevlies is nodig, sê kerk

Die Pinkster-Charismate se bydrae tot die gay debat.

Die feit dat ’n man nie ’n maagdevlies het nie, is deel van die rede waarom ’n Pinkster-charismatiese kerkgroep glo gay-huwelike is nie volgens die Bybel aanvaarbaar nie.

Die Christian Fellowship of Ministries (CFM) waaraan sowat 100 verskillende bedienings behoort, meen die huwelik tussen man en vrou verteenwoordig die verhouding tussen Jesus Christus (die bruidegom) en sy kerk (die bruid), of tussen God en sy mense.

Past. Gerrit van der Walt, administrateur van die CFM, sê hulle wil nie met ander kerke in debat gaan nie, maar hulle voel dié beginsel word nie gehoor in die openbare debat oor homoseksualiteit nie.

Wat gaan van NG Kerk word?

Christina Landman bespreek die uitdagings waarvoor die komende week se Algemene Sinode van die NG Kerk te staan kom.

Die NG Kerk is broos. Hulle het sedert die vorige sinode ’n geraamde 26% van sy lidmate verloor. En hy het nie leiers nie. Die 13de algemene sinode vind vandeesweek plaas.

En ’n nuwe moderator moet gekies word.

Wat gaan gebeur? Gaan die kerk terugval op die verlede en agtertoe hervorm? Of gaan hy met ’n profetiese stem vorendag kom wat die toekoms vir almal gaan oopmaak? Gaan hy dit regkry om sy lidmate wat nog ryk is, maar bang is, veilig te laat voel? En terselfdertyd met ’n pastorale hart planne maak vir die armes? Het die kerk ’n plan om met lidmate wat nuut-arm is te werk? Die nuwe huisloses wat in ou woonwaens langs plattelandse strate in wit townships saamtrek? Of een van ses Wendy Houses huur in ’n vorige buurman se agterplaas? Bearbei die kerk hierdie lidmate? Of is dit net die bekeerkerke wat daar inbeweeg?

Die gay lyf: die NG Kerk se ergste strydperk

Johann Rossouw bespreek die konsep van Skrifgesag in die huidige kerklike debatvoering.

WOENSDAG dien die verslag van die NG Kerk se taakspan oor homoseksualiteit voor dié kerk se algemene sinode. Volgens ’n artikel deur Johannes de Villiers (Beeld, 23 Mei) kon die taakspan nie eenstemmigheid bereik nie.

Vir gewone lidmate wat in onseker tye na geestelike leiding soek, moet dié onsekerheid waarskynlik onbevredigend wees. Maar wat as die soeke na ’n duidelike besluit oor die kwessie vir ’n oomblik agtergelaat word om eerder te vra hoe dit dan gekom het dat die gay-kwessie juis nou so fel in die NG Kerk woed?

Miskien as daar groter insig verwerf kan word in die kulturele konteks waaruit die kwessie ontspring, kan ’n mens ook verstaan waarom die terme en styl waarmee die kwessie die laaste jare beredeneer is, dit so moeilik maak om met die debat te vorder.

Ope briewe, die kerk en verandering

Die “ope brief aan die algemene sinode van die NG Kerk” oor die gay-kwessie geniet heelwat aandag in die media. Hier verduidelik dr. FRITS GAUM, eertydse redakteur van Kerkbode, skriba van die algemene sinode en een van die organiseerders van dié brief, wat die sin en waarde van so ’n gebaar is.

Nagenoeg 500 mense het die ope brief onder?teken – van teoloë soos Allan Boesak, John de Gruchy, Etienne de Villiers, Elna Mouton, Willem Nicol, Christina Landman, Nico Smith, Yolanda Dreyer, Julian Müller en Wentzel van Huyssteen, tot letterkundiges en skrywers soos Elize Botha, Henning Snyman, Cecile Cilliers en Madeleine van Biljon. Van politici soos Johnny de Lange, Loretta Jacobus en Andries Nel, tot kunstenaars, sangers en komponiste soos Willie Bester, Steve Hofmeyr en Hubert du Plessis.

Die brief is onderteken deur gays, hul familie en vriende, en deur baie ander mense. Dis onderteken deur ’n hele aantal lidmate van die NG Kerk, maar ook deur nielidmate met allerlei verbintenisse met dié kerk – óf deur familie, óf deur vriende, óf deur die geskiedenis.

Die ondertekenaars van die brief stel dit as hul oortuiging dat die meeste mense heteroseksueel gebore is en sommige mense gay. “Soos ’n heteroseksuele oriëntasie nie sonde is nie, so is ’n gay oriëntasie nie sonde nie. En soos ’n morele heteroseksuele leefwyse nie sonde is nie, so is ’n morele gay-leefwyse nie sonde nie.”

2007-06-03

Carien Fourie: NGK in luisterseisoen...en gewillig om te leer

Carien Fourie bied 'n besonder volledige en gebalanseerde voorskou op die Algemene Sinode van die NG Kerk wat hierdie week vergader.

Met die wete dat die NG Kerk een van die heel grootste demografiese veranderings in haar geskiedenis beleef, lei alle paaie van dié kerk vandeesweek na Gauteng vir haar algemene sinode.

Hoe kerkwees in dié veranderde en veranderende Suid-Afrika daar moet uitsien, is van die kwessies wat grondig deurgetrap gaan word. Verandering vereis immers nuwe denke, ’n nuwe manier van doen.

Maar terwyl die sinodegangers saam brood gaan breek oor ’n pad na vernuwing, sal ook die “ou” kwessies soos homoseksualiteit en kerkeenheid weer in die soeklig kom. En soos dit lyk, kan veral die gay-kwessie (steeds) die temperatuur op dié sinode opjaag.