2007-03-28

Wat sê die Bybel regtig oor homoseksualiteit

Johannes de Villiers, godsdiensskrywer van die Burger, gee 'n uiteensetting van die verskillende interpretasies van tekste in die Bybel wat na homoseksualiteit verwys.

Daar is ’n (waarskynlik apokriewe) storie oor ’n kerk in Nederland wat, soos die res van die kerkwêreld, oor homoseksualiteit gedebatteer het.

Dié mense wou nie onverdraagsaam lyk nie – dit is immers Nederland – maar het hulle telkens vasgeloop in die Bybelverse wat lyk asof dit homoseksualiteit veroordeel.

Uiteindelik het hulle toe maar ’n beleid geformuleer wat uit slegs twee sinne bestaan:

1. Die Bybel veroordeel homoseksuele gedrag.

2. Ons stem op dié punt nie met die Bybel saam nie.

Die aannames wat dié staaltjie onderlê, is iets wat ’n mens wyd in kerkkringe vind: dat die Bybel homoseksuele gedrag en verhoudings duidelik veroordeel; en dat die gay-debat gevoer word tussen mense wat bereid is om die Bybel te gehoorsaam en diegene wat net nie wíl luister nie.

...

Die Bybel bestaan egter nie net uit dié ses verse nie, het Thom opgemerk. Dalk moet ook na ander verse gekyk word as mense besluit hoe hulle teenoor hul gay naaste wil optree. Die liefdesgebod staan byvoorbeeld sentraal in die Nuwe Testament.

Daar is veel meer verse wat aandui dat God alle mense gelyk ag en dat Jesus deernis vir verstotenes gehad het. Die Nuwe Testament beperk nie seksuele verkeer tot die uitsluitlike doel van voortplanting nie.

Talle teoloë (moontlik die meerderheid aan minstens twee van die land se groot teologiefakulteite) meen verse oor liefde en inklusiwiteit kan ons meer oor die rol van gay mense in die kerk vertel as die ses verse waarby mense dikwels vashaak.

As hulle ’n minder konserwatiewe benadering oor homoseksualiteit inslaan, is dit nie omdat hulle opgehou het om die Bybel ernstig te bejeën nie. Inteendeel.

Die teoloog prof. Hendrik Bosman, organiseerder van die genoemde Stellenbosse werkseminaar, meen albei kampe is ernstig oor die Bybel.

“Daar is genoeg argumente van weerskante om vir ons aan te dui die debat is tussen mense wat aan albei kante op ’n ewe ernstige manier met die Bybel omgaan, al lei dit hulle dan ook tot verskillende gevolgtrekkings.”


2007-03-27

Watter soor leiers het die kerk nodig vandag?

Christina Landman sê watter soort leiers ons nodig het in die kerk ...

Die volk het nuwe leiers. En wie is dit? Die popsangers. En daar is ’n nuwe volkslied ook. Vers 1 gaan oor ’n man wat soos ’n bul wil rugby speel, vers 2 oor nog een wat soos ’n leeu wil paar en vers 3 oor ’n generaal wat nog nie gehoor het die oorlog is verby nie.

Dis met hierdie simbole wat ons nou deesdae gelei word. ’n Blou Bul, ’n Leeuloop en De la Rey.

Sestig jaar gelede het dominees die volk gelei, soos D.F. Malan.

...

Watse leiers het Afrikaanssprekende kerke vandag nodig?

Eerstens moet ’n kerkleier jong stemme kan verstaan. Dit het ons nou uit die popliedjie-sage geleer: Die jeug se stemme moet gehoor kan word. Maar ’n kerkleier sou die stemme tog die toekoms wil inlei – nie vasgevang hou in die geromantiseerde verlede nie. Die jeug is die brugbouers van die toekoms. Die kerk moet hulle nie help om hulself te isoleer nie. Ek kom dikwels in gemeentes waar daar niks vir of met jong mense gedoen word nie. Nee, die kerk kan nie bekostig om sy De la Rey-generasie te verloor nie –- of om hulle aan die verlede af te staan nie. Tweedens moet ’n kerkleier nie net kan aandag gee aan opkomende stemme nie, maar ook aan die stemloses. Die dekriminalisering van prostitute is byvoorbeeld nou op die tafel. Gaan ons maar net ons sin, soul and salvation-refrein op hulle gooi, of gaan die kerk probeer om die spirituele behoeftes van prostitute te verstaan?

Derdens sou ek van ’n kerkleier verwag om mense uit hul seksistiese en patriargale denke te lei.

En die kerk gaan dit nie regkry deur “Blou Bul”, “Leeuloop” en “De la Rey” in godsdiens oor te vertaal nie.

Laastens moet ’n kerkleier moraliteit verstaan en leiding kan gee in hoe mense gesond kan lewe. ’n Kerkleier moet weet watter geestelike waardes die samelewing gesond kan maak en watter soort “geestelikheid” die samelewing siek maak. En ek dink nie die verchristeliking van volksistiese, seksistiese en banale liedjies gaan ons gesond maak nie.

Miskien kry ons eendag weer dominees wat brûe tussen mense kan bou. Eerder as om hulle terug te lei na die ou orde. Dan sal dominees die volk weer kan lei – op ’n gesonder pad as 60 jaar gelede.


2007-03-24

Die Burger

Pierre de Vos se reaksie op Stan Voges se reaksie op Laurie Gaum se reaksie op Coenie Burger se standpuntinname (vóór die Sinodsitting) oor gays.

TOE Hansie Cronjé moes verduidelik waarom hy vir geldelike gewin op oneerlike wyse krieketwedstryde help verloor het, het hy gesê: “The devil made me do it.” Nou lees ek in By (“Ope brief aan Laurie Gaum”, By, 17 Maart) dat die NG kerk-dominee Stan Voges diskriminasie teen homoseksuele steun omdat, só beweer hy, “the Bible makes me do it”.

Nou wonder ek, as die Bybel die dominee dwing om homoseksualiteit te veroordeel en hom dus dwing om die menswaardigheid te misken van miljoene mense wat seksueel en emosioneel tot lede van dieselfde geslag aangetrokke voel, hoekom los hy nie maar die Bybel en volg sy gewete nie?



DIT is intellektueel oneerlik om aan die een kant daarop aanspraak te maak dat jy ’n eties gerigte mens is wat regverdig en liefdevol probeer lewe, en aan die ander kant diskriminasie teen ’n groep mense te ondersteun bloot op grond van ’n spesifieke interpretasie van ’n godsdienstige teks.

Dit sou intellektueel veel eerliker vir die dominee wees om te erken dat sy persoonlike godsdienstige oortuigings miskien nie volgens basiese etiese beginsels verantwoordbaar is nie, en dat sy God ’n jaloerse God is wat mense veroordeel en verwerp op grond van niks anders as hul seksuele oriëntasie nie.

So ’n erkenning sou kon lei tot ’n debat oor die grondslag van die godsdienstige veroordeling van homoseksualiteit. ’n Mens sou kon vra op grond van welke etiese verstaan van die wêreld ’n hele groep mense verdoem word (en verdoemenis ís dit tog, al word dit soms met ’n sousie “deernis” en “begrip” verdoesel) sonder dat hul bestaan of optrede enigiemand skade berokken.

2007-03-21

Jimmy Carter's Bible-Study Teachings - Newsweek Beliefs - MSNBC.com

Voormalige Amerikaanse president, Jimmy Carter, se idees oor die Bybel en geloof.

Jimmy Carter has been a Sunday-school teacher his entire life, and this week, Simon & Schuster releases “Sunday Mornings in Plains,” audio recordings of the President’s Bible-study classes at his church, Maranatha Baptist Church, in Plains, Ga. The recordings were made almost a decade ago, and they have a quaint, homespun quality. It is a jolt to realize how much our world, and our conversations about religion, have changed since then. When the 39th president talks about global religious conflicts, he uses Ireland, the Middle East and Bosnia as examples—nothing, in other words, that comes close to the soul-wrenching conflagration in Iraq. It is also a jolt, for those of us who remember hearing his voice in our homes three decades ago, to hear it again, both folksy and a little bit prissy, full of humor and some sanctimony. Carter knows his Bible; during each lesson he endeavors to connect its teachings to world events. NEWSWEEK’s Lisa Miller spoke with Carter about his vision of God, the power of the religious right, and what he’s learned from the controversy over his recent book, “Palestine Peace Not Apartheid.” Excerpts:

Beeld

'n Baie gebalanseerde uiteensetting van die kwessie of gays gebore of gemaak word.

Die nasionale gay- en lesbiese taakgroep van die VSA (en ’n paar kundiges) sê gays het nie ’n keuse oor hul seksuele oriëntasie nie.

Dit is ’n suiwer genetiese saak en hulle het geen beheer daaroor nie. ’n Mens word só gebore. Aanvaar dit en leef daarmee saam.

Maar is dit werklik so?

In ’n onlangse artikel deur Neels Jackson in Beeld het hy die aangrypende verhaal van pastoor Duncan Bouwer vertel wat 12 jaar gelede “eksklusief homoseksueel” was.

Duncan het self besluit om te verander nadat hy tot die oortuiging gekom het dit is wat God van hom verwag.

Op sy webwerf www.exgayman.org vertel Duncan sy verhaal. Jackson skryf: “Ja, Duncan geniet seks met sy vrou.”

Hy erken hy sal waarskynlik nooit heeltemal heteroseksueel wees nie, maar hy is vry genoeg om hom as man vir sy vrou en as pa uit te leef.

Sommige mense kán dus ’n keuse uitoefen. Wat is die onderliggende dinamika van dié keuse?

...

Die langverwagte verslag van die NG Kerk se taakgroep oor homoseksualiteit met aanbevelings is gefinaliseer en word in Junie bekend gemaak. Wanneer die algemene sinode dan sy standpunt formuleer, sal hy natuurlik na die teologiese debat kyk, maar hy moet ook kennis neem van hoe die wetenskap die saak kan belig.

Daar is vanuit ’n wetenskaplike oogpunt gays wat nie heteroseksuele lewens kan lei nie en nie die lewe in sy volheid kan ervaar as hulle nie in ’n gay-verhouding mag staan nie. Soos die kerk ’n skisofreen en sy gedrag (beide as ’n pakkie) in liefde moet aanvaar, hoeveel te meer nie ook die gay en sy gedrag (beide as ’n pakkie) nie?

Daar is vanuit ’n wetenskaplike oogpunt ’n tweesnydende swaard vir sommige gays: Daar is van hulle wat wel as heteroseksuele volle lewensgeluk kan smaak en ook hulle moet bereid wees om in die volle liefde van die kerk vermaan te word.

Dit is uiteraard ’n besonder komplekse kwessie en die vraag is of die sinode nie tog maar sy gesag kan afwentel nie na ’n gemeente (wat dit selfs verder oordra na ’n gebedsgroep), wat erns daarmee maak om ’n gay-lidmaat (of selfs gay-predikant) te leer ken en lief te hê.

Dit is op dié vlak waar al die omstandighede bekend is.

Biddend en in volle afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees kan dan op dié vlak besluit word of die broer en suster in al die voorregte van die kerk, insluitend die kansel, kan deel.

Nadat dít alles gesê is, glo ek nie dat Christus my eendag gaan vra of ek die gay-genetika verstaan het óf die uitsprake van Paulus in konteks nie, maar of ek die gay werklik liefgehad het, saam met hom brood gebreek het, saam met hom na die armes omgesien het en nie tou opgegooi het tot die wederkoms nie.

) Dr. Albert Alberts is ’n onkoloog wat die afgelope drie dekades navorsing doen oor die uitwerking van die omgewing op die DNS van pasiënte en hoe die veranderings weer selfunksie beïnvloed.

2007-03-19

Beeld

Allan Boesak se artikel in Beeld se Godsdiens-Aktueel rubriek.

’n Onlangse spotprent in Die Burger tref die kol: Minister Lekota op sy knieë “besig om die nuwe belydenis van Belhar af te lê”.

Agter die spot steek ’n belangrike waarheid – die Belydenis van Belhar is ook vir die ANC.

Dít is wat Belhar is – ’n lewende belydenis, nie ’n formule wat formalisties-meganies in die kerkdiens fungeer nie, of ’n stuk legalisme waarmee ons ander met papiergesag en ekskommunikasie dreig nie. Belhar is nie ’n stok om mee te slaan nie, maar ’n staf om mee te wandel.

2007-03-15

Beeld

Yolanda Dreyer se artikel in Beeld se Godsdiens Aktueel rubriek.

Ons land is in ’n morele krisis. Dit hoor ’n mens so dikwels soos “broadband, broadband, broadband” in die TV-advertensie.

“Moraliteit” is altyd met seksuele gedrag verbind. Aanvaarbare gedrag was “moreel” en onaanvaarbare “immoreel”. Aanvaarbaar het natuurlik beteken: tradisioneel, wettig en heteroseksueel.

Wat sulke “morele persone” verder aan ander en selfs aan hul eie mens-wees gedoen het, was nie ter sake nie.

Die huidige morele krisis in die land gaan egter om méér as seksuele gedrag.

Sien moraliteit so breed as die tweede helfte van die Christelike Groot Gebod: “Jou naaste liefhê soos jouself”, dan sluit immoraliteit alles in wat mense seermaak of skade berokken.

Van moord, roof, verkragting, aanranding, kortom misdadigheid in Suid-Afrika, weet ons baie. Ons raas dat hulle dáár, die misdadigers, sleg is. Ons raas dat hulle dáár, die regering, dinge nie onder beheer kan kry nie. Ons vererg ons as hulle óns oproep om misdaad te beveg. Ons, die slagoffers! Wat moet óns nou doen?

Misdaad is sigbaar. Dit is onaanvaarbaar dat ’n samelewing in vrees lewe. Dit is immoreel.

Maar immoraliteit het ook ’n ander gesig. Mense kan op subtieler maniere ander beskadig.

In “ordentlike” huise.

Agter geslote deure. Óf blatant, daar waar almal kan sien.

Maar niemand gee juis om nie, want dié soort immoraliteit het sosiaal aanvaarbaar geword.

Die werkplek word onleefbaar gemaak deur ’n mens of mense.

Iemand bedank. Die ander kyk weg. ’n Kindersiel word gestriem met snydende woorde, met verwerpende gedrag. Dié wat dit sien, kyk anderpad. Wie slagoffers probeer help, maak net die lewe vir hulself ongemaklik.

Dis maklik om ’n mens te beskadig. Afkraak. Verneder. Gebruik. Verwerp. ’n Sogenaamde ordentlike persoon “praat af” op iemand met minder mag of status.

Ons kyk anderpad. Ons doen mee. Daagliks steel “ordentlike” mense mekaar se menswaardigheid met woorde, ’n kyk of ’n gebaar, met gedrag, lyftaal.

Ekonomiese immoraliteit het ons aanvaar as ’n gegewe.

“Almal doen dit.” Die onus is op die verbruikers om slimmer te wees as die skurke wat hulle uitbuit, belieg en besteel. Ordentlike firmas bedryf deur gerespekteerde volksgenote. Korrupsie is nie net iets wat politici doen nie.

Kinders, armes, oumense, vroue is “sagte teikens” vir alle soorte immorele mense.

Sheldean se naam is op almal se lippe. Ná die verandering in 1994 het swart kerkvroue aan ’n buitelandse teoloog gesê hulle leef in vrees: Gaan hul dogters van die skool af terugkom?

Pensioenfondse is skynbaar ’n gunsteling-plek om te steel.

Kom ek as vrou toe met my kreupel motor by ’n gesiene handelaar in Pretoria aan. Die ordentlike Afrikaner-werkwinkelbestuurder sê die herstelwerk kos R32 000.

Hy het met die fabriek gepraat. Hulle bevestig: Dis ál uitweg . . .

Ná 16 jaar wat ek dié handelsmerk ondersteun het, gaan ruil ek my motor in op ’n ander handelsmerk. Daar maak hulle die probleem reg vir R4 600 en gee my die volle inruilprys.

Die ouderling in my kerk wie se onderneming dit is, bedryf sy sake op ’n ander manier.

As Suid-Afrikaners bekommerd is oor moraliteit, help dit nie om te raas met hulle dáár nie.

Ons, die goeie, ordentlike mense, kan mekaar ewe maklik belieg, beroof en seermaak.

Ons doen dit sonder om te dink.

In een week kry ek te doen met twee vroue in dienslewerberoepe wat groot ellende in hul persoonlike lewens ervaar. Albei deel hul pyn met die gemeenskappe wat hulle dien. Albei vra die mense om vir hulle te bid.

Die een word geïgnoreer. Mense weet duidelik nie wat om met haar pyn te maak nie. Hulle bly net weg. Die ander een word gekonfronteer met ontevrede kliënte wat beter dienslewering eis.

Die seer wat ordentlike Christen-mense hulle aandoen, gaan lê bo-op die swaar las wat hulle reeds dra.

Raas dáár help nie. Die probleem is nader aan die huis.

Wat is my aandeel in die seermaak van ander? Wat kan ek doen om beskadigde mense te heel?

Om slagoffers te help, kan dit vir my ongemaklik maak.

Is ek bereid?

As almal in dié land ’n morele lewe lei, sal die wêreld ’n beter plek kan wees.

# Dr. Yolanda Dreyer is professor in teologie by Tuks.

Beeld

Prof Julian Müller se bydrae tot die gay debat.

’n Teoloog sê die ander dag aan ’n gay persoon: “Ek slaap sleg as ek daaraan dink dat ek jou seermaak met my standpunt oor homoseksualiteit, maar die Bybel laat my nie toe om ’n ander standpunt te hê nie.”

Hy sê dit vir iemand wat ’n gelowige is en in ’n verhouding van liefde en trou met iemand van dieselfde geslag leef.

By ’n ander geleentheid is ’n gay teologiestudent genooi om sy getuienis met ’n werkgroep van ’n sinode te deel. Hy het getuig dat hy kernhomoseksueel is, maar ook ’n gelowige en geroepe voel vir die evangelie­bediening. Hy leef sy seksualiteit in ’n stabiele, vaste verhouding uit, sonder losbandigheid.

Ná sy getuienis het een van die teoloë vir hom gesê: “Vir wie moet ek nou glo? Vir jou of vir Paulus?”

Dit is inderdaad ’n ernstige dilemma as jou siening van wat die Bybel leer, in regstreekse kontras met die opregte getuienis van ’n mede-Christen staan.

Wat maak jy as die getuienis van toegewyde Christene één ding sê en die Bybel iets anders? Is die keuse inderdaad: óf die gay gelowige óf Paulus? Kan dit wees dat die Bybel ’n harde boek is wat geen deernis met mense het nie? Kan dit wees dat mense met ’n sekere seksuele oriëntasie net eenvoudig nie, soos ander gelowiges, deur die Heilige Gees gelei word nie?

Wat maak ons met talle gelowiges wat gay is en verklaar dat hulle nie hul seksuele oriëntasie as strydig met God se wil ervaar nie? Hoe reageer ons as hulle getuig dat hulle vrede het met hul identiteit en dat hulle ’n behoefte het om hul seksualiteit in die geborgenheid van ’n vaste verhouding uit te leef?

Ook dat hulle seksuele losbandigheid verwerp en glo dat hulle in ooreenstemming met die Groot Gebod kan saamleef?

Hierdie soort dilemma moes hom ook afgespeel het in die tyd toe daar gedink en besluit moes word oor wat die Bybelse standpunt oor slawerny is. Ek kan my indink dat ’n teoloog in daardie tyd vir ’n slaaf wat geargumenteer het dat hy/sy op grond van die evangelie vrygemaak behoort te word, sou kon sê: “Vir wie moet ek nou glo? Vir jou of vir Paulus?” Die lering van Paulus lê duidelik nie in die rigting van die afskaffing van slawerny nie. Paulus probeer eerder raad gee oor wat Christelike optrede binne die stelsel van slawerny sou wees.

Ek kan my ook indink dat dieselfde teoloog vir ’n vrou, wat argumenteer dat sy ’n gelyke vennoot in ’n huwelik wil wees en boonop ’n leidende rol in die gemeente wil speel, kan sê: “Vir wie moet ek nou glo? Vir Paulus of vir jou?”

Paulus is duidelik ’n kind van sy tyd wat net een soort verwysingsraamwerk het en dít is ’n manlik-oorheersde diskoers.

Hy verkondig wel ’n vriendelike manlike oorheersing, ’n genaakbare soort patriargale bestel, maar steeds ’n hiërargiese orde wat op geslag gegrond is.

Só sou ’n mens die dilemma kon sien afspeel in die loop van die geskiedenis oor vele aspekte van die Christelike etiek.

Jesus se benadering behels ’n radikale wegbreek van die wettiese benadering van die godsdienstige leiers van sy tyd.

Hulle het met reël op reël gewerk. Elke menslike handeling is gereglementeer. Toe hulle Jesus ook in hierdie stelsel wou vasvang met hul vraag na die belangrikste van die gebooie, het Hy radikaal daarvan weggebreek en met één kriterium gewerk: die verhoudingskriterium.

Nie die Sabbatswet of enige wet van Moses is die belangrikste nie, maar die verhouding tussen mense en die vraag of die liefde van God daarin uitgeleef word. Die hele stelsel van rituele reiniging wat gebruik is om skeiding tussen mense te bewerkstellig en wat gelei het tot die marginalisering van sekere groepe, is deur Jesus verwerp en op sy kop gekeer.

Daarom is aspekte soos die marginalisering van gays in die samelewing en die kerk waarskynlik nader aan die hart van die evangelie as die blote vraag of aangetrokkenheid na en liefde vir iemand van dieselde geslag reg of verkeerd is.

Ons sal meer in lyn wees met Jesus se benadering as ons ophou om hare te kloof oor gay en straight en eerder begin nadink oor die sonde van homofobie en die aanhoudende verwerping en vernedering van gays binne ’n geloofsgemeenskap.

Die dilemma moenie en kan nie opgelos word deur ’n óf-óf-benadering nie. Dit is nie óf die Bybel óf die getuienis van gay Christene nie, maar albei.

Dit is juis die stemme van mense wat met integriteit getuig van ’n situasie waarin hulle hulself bevind, wat ons help om met nuwe oë na die Bybel te kyk.

Die eerste vraag is dan of die huidige ervaring van mense weerklank vind in die Bybel. Is daar ooreenstemmende ervaringe en situasies? Het vaste gay verhoudinge in die Bybelse tyd bestaan of nie? Waarvan praat die Bybel as die begrip “homoseksualiteit” in die Afrikaanse vertaling gebruik word?

Dui dit in die Bybel op kernhomoseksualiteit (’n gegewe homoseksuele oriëntasie) of word daar verwys na losbandige seksuele gedrag? Kan die afwysing van homoseksuele gedrag sonder meer aanvaar word as ’n afwysing van ’n homoseksuele oriëntasie? Indien nie, sou die natuurlike dade wat uit kernhomoseksualiteit voortspruit en wat nie losbandig van aard is nie, dan onder dieselfde kam geskeer kan word as die afwysing van promiskue homoseksuele gedrag? Kan die afwysing van barbaarse homoseksuele verkragtings deur heteroseksuele persone (soos in die Lot-verhaal in Genesis 19) gebruik word om iets te sê oor liefdevolle seksuele gedrag tussen twee persone van dieselfde geslag wat in ’n vaste verhouding van liefde en trou staan?

Wanneer ’n mens hierdie en talle ander vrae oorweeg, kom ’n mens tot die gevolgtrekking dat die Bybel nie op ’n oorvereenvoudigde en letterlike basis gelees kan word as jy tot ’n verantwoordelike standpunt oor gay verhoudings wil kom nie.

Daar kan nie maar net op die voetspoor van ’n paar tekste wat oënskynlik homoseksualiteit veroordeel, maklike en veralgemeende uitsprake gemaak word nie. Die konteks van vandag en die Bybelse konteks verskil te ver van mekaar. Die verantwoordelike hermeneutiek (manier van verklaring) wat gevolg moet word, is om te probeer verstaan wat die wesenlike waardes is wat die Bybel oor verhoudinge en seksualiteit oordra en dit dan verantwoordelik te interpreteer in vandag se situasie. Dan is die vraag nie of seksuele gedrag hetero- of homo- is nie, maar of dit voorkom binne die raamwerk van ’n vaste verhouding wat gedra word deur wedersydse respek en liefde.

Die Bybel is al te veel en te maklik in die geskiedenis gebruik om eie standpunte te regverdig en om ander daarmee te veroordeel. Dan word die Bybel ’n slaanstok in plaas van ’n boek wat getuig van die liefde van God vir alle mense. As daar ’n botsing is tussen die getuienis van die Skrif, soos tot nou toe verstaan, en die getuienis van gelowige mense, moet ons maar liewer oorversigtig wees en weer ’n keer deeglik na albei getuienisse gaan luister. My indruk is dat die mense wat so hard en oortuigend met die Bybel in die hand veroordeel, nog nie goed genoeg en met werklike empatie geluister het na die getuienisse van gay Christene nie. En daarom is hulle ook nie oop vir ’n eerlike herinterpretasie van die Bybel nie.

Só ’n herinterpretasie word eenvoudig afgemaak as onbybels en selfs onchristelik. Die waarheid is egter dat die ruimer standpunt oor homoseksualiteit op ’n verantwoordelike en diepgaande verstaan van die wesenlike waardes van die Skrif gegrond is. Hierdie standpunt word nie oor, namens en vir ander mense ingeneem nie.

Dit ontwikkel op grond van ’n respekvolle proses waar gelowiges en teoloë van alle seksuele oriëntasies eerlik na mekaar luister en saam kom tot verantwoordelike uitleg van die Bybelse boodskap.

# Prof. Julian Müller is hoof van die departement praktiese teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Evolusie, kreasionisme en Richard Dawkins

Pik Botha (???) skryf 'n heel interessante artikel oor 'n baie aktuele onderwerp en eindig met 'n baie pertinente vraag. 'n Vlymskerp video wat die draak steek met Richard Dawkins is hier te sien

In die jongste tyd word ’n interessante debat oor die ontstaan van die heelal gevoer: “intelligente ontwerp” teenoor die evolusieleer van Charles Darwin.

Hierdie teenstelling word ingeskerp deur prof. Richard Dawkins se verwerping van ’n Godheid wat alles geskep het. Sy boek The God Delusionis die moeite werd om te lees. Hy gee ons ’n ontnugterende insig in die Bybel.

Ek kan nie begryp waarom ons teoloë die stories van die Ou Testament aan ons opdis asof dit die Godheid se gedrag en besluite weergee nie. Gedeeltes van die Ou Testament primitiveer ons.

Ons mense, ’n spesie van die diere, het tegnologies ontwikkel. Ons het ongekende ontdekkings gedoen. En daar gaan nog meer dramatiese ontdekkings gedoen word. Die tegnologie gaan verbysterende vlakke bereik, en daarna al hoe meer verbysterend raak. Maar ons kan niks ontdek wat nie reeds bestaan nie, dit maak nie saak hoe oop die veld vir nuwe ontdekkings is nie. Daar is een aspek wat ons aan bande lê: Ons sal nooit van ons planeet kan ontsnap om ’n tuiste elders in die ruimte te vind nie. Die spoed van lig is die bepalende faktor, die tronkmure waardeur ons nooit sal kan breek nie.

Ons is tot vereensaming gedoem, net soos miljoene ander lewensverskynsels elders in die heelal tot vereensaming gedoem is. As ’n asteroïed of komeet ons nie intussen vernietig of aardverwarming dit nie doen nie, het ons slegs vier miljard jaar oor voor ons son uitbrand.

Dink aan die stilte op die planeet: alle musiek, kuns, boeke, tegnologie sal in die vergetelheid verdwyn. Dit is nie spekulasie nie. Dit is ’n feit. En omdat ’n paar miljard jaar bietjie langer as ’n aardse jaar is, beteken dit nie die onafwendbare eindresultaat gaan nie plaasvind nie.

EN dit bring my by die vraag waaroor ons moet besin. Wie of wat het die heelal laat ontstaan? Die jongste navorsing dui dat die heelal 15 miljard jaar oud is. Wetenskaplikes sê die hele gedoente het uit ’n oerontploffing ontstaan. Dit het vonke uitgeskiet en gaswolke gevorm wat malende sterrekonstellasies tot gevolg gehad het.

Só het die aarde ontstaan, wat met sy besonderse massa en afstand van die son ’n atmosfeer kon behou wat lewe laat ontkiem het. En homo sapiens is een van die resultate van daardie lewensoorsprong.

Ek begryp nie waarom daar so ’n skerp verskil gegenereer word tussen Darwin se evolusieleer en die konsep van kreasionisme nie. Darwin konsentreer op die verloop van die lewensontwikkeling op aarde – iets wat onaanvegbaar is.

Die kreasioniste sê dat daar ’n wese is wat alles beplan het. Altans, ek hoop dit is wat hulle sê. Sommige kreasioniste sê God het plant en dier en mens afsonderlik geskep, soos ’n beeldhouer beelde een vir een op ’n slag skep. Wie of wat was hierdie Skepper? Presies op daardie tergende, snydende punt stort ons almal in duie.

’n Intelligente ontwerper, God, kon ’n program in die vooruitsig gestel het waardeur diere, met insluiting van die mens, uit eensellige lewensvorme kon ontwikkel.

Trouens, die mag of entiteit wat die oerknal se sneller getrek het, sou oor die insig beskik het om ’n evolusieprogram deel van sy beplanning te maak. ’n Superingenieur.

Die evolusieleer ken dus aan die Godheid oneindig meer mag toe as kreasionisme.

ONS gebruik woorde soos almag, maar ons begryp nie wat almag behels nie. Ons praat van tyd en ewigheid. Maar ons het nie die vermoë om tyd te omskryf nie, want dit bestaan nie, en nog minder het ons die vermoë om ewigheid te begryp.

 Die naaste wat jy daaraan kan kom, is om te bedink dat dit ’n verskynsel is wat geen begin en geen einde het nie. En daar eindig ons begripsvermoë.

Die onbeantwoorde vraag is dus nie of Darwin of die kreasioniste gelyk het nie. Die vraag is duidelik: Wie of wat het die oerknal se sneller getrek?

Dit moet noodwendig ’n entiteit wees wat oor soveel mag en misterie beskik dat aardse mense eenvoudig nooit in staat sal wees om daardie entiteit se identiteit te identifiseer nie, want daardie entiteit het nie ’n oorsprong nie en ook nie ’n einde nie. Daardie entiteit leen hom nie tot ontleding nie. Jy kan ’n bobbejaan leer om ’n elektriese lig aan of af te skakel, maar nooit ooit sal jy ’n bobbejaan kan leer hoe elektrisiteit funksioneer nie.

En tog het ons ’n nimmereindigende behoefte om ’n God te hê.

Dit is amper asof ons verwytend sê: “Waarom het U ons geskep, en toe alleen gelaat met die vermoë om die grootsheid van u skepping waar te neem, met ’n onvermoë om u identiteit te bepaal? Ons wil U aanbid. Voor U buig. U gelukwens met u skepping. Ons wil deel wees van u misterie. Maar dit is of ons bestem is om te kniel en in gebed te prewel: ‘O, God, wees my onkundigheid genadig.’ ”

EK weet nie, maar miskien bring die dood ’n insig wat ons duskant die graf ontneem is. Hier op aarde sal die antwoord nie gevind word nie.

Ons sal dus moet sterf in die hoop dat die antwoord onthul sal word.

Of soos Sokrates gesê het voordat hy die gifbeker gedrink het: “As die dood ’n ewige slaap vir ons inhou, goed so, want nie een van ons wat uit ’n diep slaap ontwaak het, het ’n onaangename herinnering aan die slaap nie.”

En as daar vir my ’n vorm van voortbestaan ná die dood is, sien ek daarna uit, want my lewe hier op aarde was aangenaam.

Kan dit wees dat die mag of entiteit wat die oerknal se sneller getrek het, oor die insig sou beskik het om ’n evolusieprogram deel van sy beplanning te maak?

Die onbeantwoorde vraag is dus nie of Darwin of die kreasioniste gelyk het nie. Die vraag is duidelik: Wie of wat het die oerknal se sneller getrek?

2007-03-08

Grondhervorming - en hoe dit die kerk raak

Neels Jackson se artikel oor grondhervorming in 5 Maart se Beeld.

Kyk ’n mens na ’n kaart van Mpumalanga waarop die dele aangedui word wat deur grondeise geraak word, is daar min wat van die provinsie oorbly.

Hele plattelandse gemeenskappe word ingrypend daardeur geraak en die kerk wat hulle bedien, uiteraard ook.

Ds. Henry van der Schyff, uitvoerende amptenaar van die NG Kerk se Oos-Transvaalse sinode, sê een vlak waarop die kerk geraak word, is deurdat lidmate se sekerhede en uiteindelik selfs hul geloof aangetas word.

Uit gesprekke met dominees en uit ’n sinodale verslag oor die situasie kom ’n prentjie na vore van sommige lidmate – nie almal nie – wat soos die Bybelse Job in ’n worsteling met God gedompel word.

Mense wat geslagte lank op een plaas boer, wie se hele lewe in die landbou gewortel is, voel hulle word van dit alles ontneem.

Ds. Hancke van Blerk, predikant van Piet Retief, verwys na die sielkundige Maslow se teorie van menslike behoeftes. Op die heel basiese vlakke – die behoeftes aan kos en klere, aan die sekuriteit van woonplek – dáár word mense getref, sê Van Blerk.

Elaine Pagels se nuwe boek oor die Judas Evangelie

Elaine Pagels, 'n bekende kerkhistorikus, sê in haar nuwe boek dat die Judas Evangelie teen die ontstaan van 'n martelaarskultus in die vroeë kerk gemik is.

Princeton University's Elaine Pagels is about the nearest thing there is to a superstar in the realm of Christian history scholarship. It is largely through her work that many understand the early non-Orthodox Christianity that she at one point dubbed (and later un-dubbed, finding the term imprecise) the Gnostic Gospels. She breaks new ground with the publication on Thursday of Reading Judas: The Gospel of Judas and the Shaping of Christianity.

TIME: You and Karen write that the "Judas" author was angry, particularly at the Christian church's developing cult of martyrdom. You write that he conveyed "the urgency of someone who wants to unmask what he feels is the hideous folly of leaders who encourage people to get themselves killed in this way." Whom might he have meant?

Pagels: So far as I know, all the so-called "fathers of the church" glorified martyrdom. Ignatius, who wrote in Syria in around 108 AD, speaks passionately about "being ground up by the teeth of wild beasts to become God's wheat," — that is, by martyrdom, he becomes the bread of the Eucharist.

TIME: What could have provoked such adamance?

Pagels: Christians were undergoing terrible persecution at the time. Leaders like Ignatius felt that a willingness to "die for God" was essential for the movement to survive; otherwise, its members could be intimidated, and it might have died out.

TIME: Was it a successful strategy?

Pagels: Yes. We have evidence to that effect. The philosopher Justin wrote that Socrates said that the purpose of philosophy was to prepare us to die bravely, and when Justin saw illiterate Christians facing torture and execution in the public stadium, he became a convert — and later a martyr himself.

TIME: And the Judas author objected to this?

Pagels: He did not suggest that a believer should deny being a Christian, even if the penalty were death. But he challenges leaders who encourage people to "die for God" with what he thought were false promises — huge rewards in heaven, and guaranteed resurrection.

TIME: Does this tell us something new?

Pagels: Before these discoveries, we knew little about Christians who opposed martyrdom — or opposed encouraging it — because the people who challenged the dominant view were ridiculed as cowards and heretics, and their writings didn't survive. The Gospel of Judas shows what intense and painful arguments martyrdom caused among Christians.

TIME: Both Catholicism and, to a lesser extent, Protestantism honor martyrdom. And some scholars suggest that Islam picked up the idea from Christians. Is it possible that despite all that, martyrdom isn't really intrinsic to the faith?

Pagels: Before either Christians or Muslims spoke of martyrdom, Jewish communities celebrated those who were willing to "die for God." After Jesus was crucified by the Romans, those who still remained his followers were suspected of treason against Rome, and leaders were executed. The focus on crucifixion has a lot to do with fact that his followers remained in danger of arrest, torture, and execution themselves. Without that I can't imagine that discussions of his suffering and death would have occupied the central place that they do for many Christians.

TIME: Could Christianity have done without it?

Pagels: Certainly. Many Christians focus more on Jesus' teaching about relationships — loving God and one's neighbor, caring for the sick, the poor, those in prison and destitute — teaching that what God commands is to "love one another." But because it started after Jesus' crucifixion, his followers often have been willing to risk dying for what they see as the sake of the truth. You can see it in the life and death of Martin Luther King, Jr. — his willingness to risk violence and death allowed him to defy those in power and change our society.

TIME: Do you think that the writer of the Gospel of Judas was familiar with the idea the Jesus died for our sins?

Pagels: Yes — the earliest writing we have about Jesus, from the apostle Paul, says that Jesus "died for our sins," and many insisted that Jesus had voluntarily died a sacrificial death. But others asked, What kind of God are you talking about? If God would not allow Abraham [in the Hebrew Bible] to offer his son Isaac as a human sacrifice, but told him to offer a ram instead, would God then sacrifice his son Jesus? Doesn't this suggest that God is some kind of monster, instead of the loving God of whom Jesus spoke? Would God refuse to forgive human sin apart from human sacrifice?

TIME: Do you yourself have any affinity for that last question?

Pagels: I think it's worth asking, and long overdue for those who haven't asked it.

TIME: Do you feel it's strange to say, as orthodox Christians often do, that God required Jesus to die for our sins, and that this is the greatest demonstration of God's love?

Pagels: Yes. Perhaps especially to a parent whose son has died. That happened to my late husband and me when our first son was six. And like many parents with that experience, we could hardly hear those words the same way others do.

TIME: The Judas writer doesn't ask that outright.

Pagels: No. His concern was about leaders who encouraged martyrdom, and in this gospel, the other apostles stand in for these leaders, and he criticizes them harshly. I don't want to sound like I'm advocating the Gospel of Judas. What I love, is that this sort of document shows you the other side of the moon, the voices of the pe ople who were regarded as not articulating what became the official doctrine of the Church — a more dense, more detailed, more human picture of the early Christian movement than we've ever had available before.

2007-03-02

Don't insult one's religion -- unless it's Christianity

Kom die Christelike geloof meer geredelik onder skoot as ander gelowe? Die skrywer van hierdie artikel meen so - veral wanneer dit Lydenstyd is.

Well, it's Lent, when Jesus-debunking news stories rise from the dead. This time it's a tomb with the whole family gathered, including his wife and kid. Unless it's just the dusty bones of decency and good sense in those boxes.

In a way it's a backhanded tribute that, to the modern mind, Christianity is like a train wreck: gruesome, but they can't look away. Newspapers don't greet major Buddhist festivals with claims that Siddhartha Gautama was a cokehead, or open Ramadan by saying Mohammed was -- (do NOT fill in this blank). As we said while not reprinting the infamous Danish cartoons, never would we insult someone's beliefs or faith tradition -- and by the way did you know that Jesus wasn't resurrected, plus he had sex with Magdalene.