2007-07-01

Maretta Bellingan: Die Here het sy hande vol

Maretta Bellingan skryf 'n interessante rubriek wat 'n aantal geloofsake aanspreek.

Hy wil nou nie snaaks wees nie, het ’n bekende Hollywood-akteur per geleentheid gesê, maar hy dink God het beter dinge om Hom mee besig te hou as om te besluit wie gaan ’n Oscar wen. ’n Uitlating wat ’n mens gerus kan begroet met ’n joviale amen!

Die laaste tyd, en ek bedoel sowaar nie om op iemand se gelowige tone te trap nie, het die Here sy hande vol. As Hy nie moet keer dat Jaco van der Westhuyzen van die dwarspale af neuk nie, moet Hy vir Francois Steyn help om twee skepskoppe oor te klits.

Daar was uiteenlopende reaksie op Van der Westhuyzen se God-is-koning-T-hemp-stunt ’n paar weke gelede. Rapport het sommer 20 000 koerante meer verkoop. Halleluja! En behoed jou sondige siel as jy die huppelende rugbyspeler se optrede durf bevraagteken het. Die broeders en die susters het hul ontsteltenis duidelik in die koerante se briewekolomme bekend gemaak.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home