2007-07-01

Kerklike denke oor huwelik en seks

Anne-Marie Mischke gee 'n oorsig en evaluering van die boek: Liefde is die grootste: oor erotiek en seksualiteit, onder redaksie van Cas Vos en Dirk Human.

Haas ondenkbaar sal dit vir vandag se geslag jong mense wees: daar was ’n tyd toe in kerkkringe van ’n ongetroude paartjie wat saamwoon gesê is: “Hulle leef in sonde saam.”

En van seks voor die huwelik, wat gewoonlik net onder die kerkraad se aandag gekom het as die eersteling ses of sewe maande ná die troudag perdfris en gesond en met ’n nege-maande-massa die lewenslig gesien het, is gesê: hulle het oor die tou getrap.

Argaïes klink dit nou, maar nog nie heeltemal sonder dilemma vir predikante en kerkrade nie. Anderpad kyk hulle wel – meestal – maar lees hulle nou die Bybel anders?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home