Groep Christene bid vir rockers en konsertgangers
Die 777 Rock teen geloof konsert het Saterdag plaasgevind.
’n Groep Christene het tydens die 777 Rock teen geloof-konsert in Pretoria vir die siele van die rockers en hul aanhangers gebid en die “Onse Vader” gesing.
’n Paar honderd konsertgangers het dié omstrede konsert in Hazelwood bygewoon.
Die bidgroep van ongeveer 13 mans en ’n kind het ’n paar treë weg van die ingang rondom ’n posbus gestaan en bid.
Dié groep wou nie hulself identifiseer nie, maar een van die mans wat ook anoniem wou bly, het gesê dat hulle nie daar was vir publisiteit nie.
“Ons staan juis eenkant omdat ons nie publisiteit soek nie.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home