2007-07-02

Beeld

André van Niekerk vertel hoe skewe beelde van God - wat veral in fundamentalistiese kringe oorgedra word - later tot groot geloofsprobleme kan lei.

“Hulle was kerkmense totdat die dubbele tragedie hulle getref het . . .”

‘n Mens hoor nogal meermale van mense wat as gelowiges lewe totdat ’n krisis meebring dat hulle niks meer van God wil glo nie.

Meestal, lyk dit my, is die groot oorsaak van so ’n afkeer ’n verdraaide beeld van God wat by mense posgevat het.

Ek kan aan ten minste vier sulke gevaarlike waanbeelde oor God dink:


Om geloof aan veral kinders te bemark, word dit as ’n suksesresep voorgestel: “Glo in God en alles sal reg uitwerk . . .”.

“As jy nie glo nie,” word op goedkoop verkoopstrant bygevoeg, “sal slegte dinge jou tref.”


Om ’n groepsgevoel te versterk, word geïnsinueer dat God aan die kant van ’n bepaalde groep sal wees. Hierdie soort burgerlike godsdiens verminder kritiese moraliteit maar vererger die skok wanneer magsoornames plaasvind.


Om sekerheid en hoop te verleen, word verkondig dat God alles sou beheer. God se worsteling met die kwaad en die onpeilbare verhouding tussen God se almag en sy liefde word bemarkingsonthalwe geïgnoreer.


Om mense aan te moedig om getrouer in hul geloofsbeoefening te wees, word die indruk geskep dat die Here gereelde gebede en moeitevolle gehoorsaamheid aan hom met voorspoed sal beloon.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home