2007-06-04

Wat gaan van NG Kerk word?

Christina Landman bespreek die uitdagings waarvoor die komende week se Algemene Sinode van die NG Kerk te staan kom.

Die NG Kerk is broos. Hulle het sedert die vorige sinode ’n geraamde 26% van sy lidmate verloor. En hy het nie leiers nie. Die 13de algemene sinode vind vandeesweek plaas.

En ’n nuwe moderator moet gekies word.

Wat gaan gebeur? Gaan die kerk terugval op die verlede en agtertoe hervorm? Of gaan hy met ’n profetiese stem vorendag kom wat die toekoms vir almal gaan oopmaak? Gaan hy dit regkry om sy lidmate wat nog ryk is, maar bang is, veilig te laat voel? En terselfdertyd met ’n pastorale hart planne maak vir die armes? Het die kerk ’n plan om met lidmate wat nuut-arm is te werk? Die nuwe huisloses wat in ou woonwaens langs plattelandse strate in wit townships saamtrek? Of een van ses Wendy Houses huur in ’n vorige buurman se agterplaas? Bearbei die kerk hierdie lidmate? Of is dit net die bekeerkerke wat daar inbeweeg?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home