2007-06-18

Sinode vind konsensus binne groot verskille

Na 'n paar aanvanklike kritiese uitsprake oor die sinode, sluit Jan-Jan Joubert hierdie artikelreeks af met dié woorde: Wat ’n voorreg was dit om hierdie sinode by te woon!

Die afgelope sinode van die NG Kerk was, teen alle verwagtings in, ’n suksesvolle balanseertoertjie wat ’n paar belangrike besluite geneem en ’n groot mate van konsensus bereik het.

Om van Maandag tot gister in daardie vergadering te sit, het ’n hele berg vooroordeel en vooropgestelde idees uitgedaag. Die sterkste indruk waarmee ’n mens daar weg is, is dat dit eerlike mense is wat in die algemeen bereid is om verrassend oopkop te stoei met die komplekse vraagstukke van ons tyd.

Dit is duidelik dat kerkhereniging vir hulle ’n saak van erns is, maar dat hulle kan grinnik oor hul eie besluite rakende die duiwel.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home