2007-06-04

Ope briewe, die kerk en verandering

Die “ope brief aan die algemene sinode van die NG Kerk” oor die gay-kwessie geniet heelwat aandag in die media. Hier verduidelik dr. FRITS GAUM, eertydse redakteur van Kerkbode, skriba van die algemene sinode en een van die organiseerders van dié brief, wat die sin en waarde van so ’n gebaar is.

Nagenoeg 500 mense het die ope brief onder?teken – van teoloë soos Allan Boesak, John de Gruchy, Etienne de Villiers, Elna Mouton, Willem Nicol, Christina Landman, Nico Smith, Yolanda Dreyer, Julian Müller en Wentzel van Huyssteen, tot letterkundiges en skrywers soos Elize Botha, Henning Snyman, Cecile Cilliers en Madeleine van Biljon. Van politici soos Johnny de Lange, Loretta Jacobus en Andries Nel, tot kunstenaars, sangers en komponiste soos Willie Bester, Steve Hofmeyr en Hubert du Plessis.

Die brief is onderteken deur gays, hul familie en vriende, en deur baie ander mense. Dis onderteken deur ’n hele aantal lidmate van die NG Kerk, maar ook deur nielidmate met allerlei verbintenisse met dié kerk – óf deur familie, óf deur vriende, óf deur die geskiedenis.

Die ondertekenaars van die brief stel dit as hul oortuiging dat die meeste mense heteroseksueel gebore is en sommige mense gay. “Soos ’n heteroseksuele oriëntasie nie sonde is nie, so is ’n gay oriëntasie nie sonde nie. En soos ’n morele heteroseksuele leefwyse nie sonde is nie, so is ’n morele gay-leefwyse nie sonde nie.”

0 Comments:

Post a Comment

<< Home