2007-06-29

LitNet | KKNK Oop gesprek: Geen God of God-geen?

Dr Gerrit Brand, boekeredakteur van Die Burger, se bydrae tot Oop Gesprek by KKNK.

In die feesprogram se toeligting by die tema word onder meer na Richard Dawkins se boek The God Delusion verwys. In dié boek stel Dawkins dit duidelik dat dit, volgens hom, hoogs waarskynlik is dat daar “geen God” is nie. As deel van sy betoog ter ondersteuning hiervan gaan hy taamlik uitgebreid in op moontlike verklarings vir die feit dat mense nietemin godsdienstig is. Nes sy vriend en geesgenoot Daniel Dennett, ook ’n “belydende ateïs” (met apologie aan John Kannemeyer), oorweeg hy ’n aantal natuurlike, toetsbare verklarings vir die feit dat mense klaarblyklik ’n geneigdheid tot godsdiens het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home