2007-06-25

Kerke moenie akwariums word

Stephan Joubert gebruik die beeld van 'n akwarium om 'n nie-missionêre kerk te beskryf.

Ek leer by Gerard dat ons te alle koste moet keer dat kerke geestelike akwariums word. Akwariums is sulke verbruikersvriendelike plekke. Daar’s vaste voedingstye vir visse; die water se temperatuur word gereguleer en roofvisse word weggehou. Daar’s heeltydse akwariumpersoneel wat die visse voer en die veeleisende publiek ten dienste is.

Te veel van ons kerklike lewe lyk egter klaar na akwariums. Ons is veilig, versigtig en verbruikersvriendelik. Ons is op hoogte met die teorie, die geskiedenis én die filosofie van visvang, maar ons doen dit selde in die praktyk. Ons waarsku oor die gevare wat die oop see inhou, maar ons is nooit self daar as diensknegte nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home