2007-06-04

Gay-huwelik: maagdevlies is nodig, sê kerk

Die Pinkster-Charismate se bydrae tot die gay debat.

Die feit dat ’n man nie ’n maagdevlies het nie, is deel van die rede waarom ’n Pinkster-charismatiese kerkgroep glo gay-huwelike is nie volgens die Bybel aanvaarbaar nie.

Die Christian Fellowship of Ministries (CFM) waaraan sowat 100 verskillende bedienings behoort, meen die huwelik tussen man en vrou verteenwoordig die verhouding tussen Jesus Christus (die bruidegom) en sy kerk (die bruid), of tussen God en sy mense.

Past. Gerrit van der Walt, administrateur van die CFM, sê hulle wil nie met ander kerke in debat gaan nie, maar hulle voel dié beginsel word nie gehoor in die openbare debat oor homoseksualiteit nie.

1 Comments:

Blogger Dwayne Knight said...

why do you condemn us to your personal outer-darkness. There are over a 1000 injunctions against hetrosexual misbehaviour (i do not condemn hetrosexuals) but only 6 against gays (so why condemn us?). also many more in favour of love (if you do not love one another ...).

7:56 PM  

Post a Comment

<< Home