Die gay lyf: die NG Kerk se ergste strydperk
Johann Rossouw bespreek die konsep van Skrifgesag in die huidige kerklike debatvoering.
WOENSDAG dien die verslag van die NG Kerk se taakspan oor homoseksualiteit voor dié kerk se algemene sinode. Volgens ’n artikel deur Johannes de Villiers (Beeld, 23 Mei) kon die taakspan nie eenstemmigheid bereik nie.
Vir gewone lidmate wat in onseker tye na geestelike leiding soek, moet dié onsekerheid waarskynlik onbevredigend wees. Maar wat as die soeke na ’n duidelike besluit oor die kwessie vir ’n oomblik agtergelaat word om eerder te vra hoe dit dan gekom het dat die gay-kwessie juis nou so fel in die NG Kerk woed?
Miskien as daar groter insig verwerf kan word in die kulturele konteks waaruit die kwessie ontspring, kan ’n mens ook verstaan waarom die terme en styl waarmee die kwessie die laaste jare beredeneer is, dit so moeilik maak om met die debat te vorder.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home