2007-06-03

Carien Fourie: NGK in luisterseisoen...en gewillig om te leer

Carien Fourie bied 'n besonder volledige en gebalanseerde voorskou op die Algemene Sinode van die NG Kerk wat hierdie week vergader.

Met die wete dat die NG Kerk een van die heel grootste demografiese veranderings in haar geskiedenis beleef, lei alle paaie van dié kerk vandeesweek na Gauteng vir haar algemene sinode.

Hoe kerkwees in dié veranderde en veranderende Suid-Afrika daar moet uitsien, is van die kwessies wat grondig deurgetrap gaan word. Verandering vereis immers nuwe denke, ’n nuwe manier van doen.

Maar terwyl die sinodegangers saam brood gaan breek oor ’n pad na vernuwing, sal ook die “ou” kwessies soos homoseksualiteit en kerkeenheid weer in die soeklig kom. En soos dit lyk, kan veral die gay-kwessie (steeds) die temperatuur op dié sinode opjaag.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home