Steeds te min vroue in ampte
Die verslag van die taakgroep vir diversiteitsbestuur in die NG Kerk ...
Die NG Kerk het nog nie genoeg gedoen om leierskap onder vroue in die kerk te ontwikkel nie, sê ds. Elsje Büchner, lid van die kerk se taakgroep vir diversiteitsbestuur.
Dié taakgroep sê in sy verslag aan volgende maand se algemene sinode dat daar einde verlede jaar 43 vrouepredikante in die bediening was.
Sedertdien, sê Büchner, het daar nog twee bygekom.
Van dié 45 is 25 heeltyds in gewone gemeentes, twee werk by kinderhuise, daar is vier kapelane, vier studenteleraars, nege in deeltydse poste en een wat georden is, maar nie nou in ’n gemeente werk nie.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home