2007-05-30

Obama se kerk

Allan Boesak skryf oor Amerikaanse presidentskanditaat Barack Obama se kerk.

Daar is, so laat ’n vriend uit die VSA my weet, ’n groei- ende probleem met presidentskandidaat Barack Obama.

Nee, dis nie sy standpunt oor Irak of Iran, of oor martelpraktyke in Guantanamobaai nie.

Dis oor sy kerk. Obama is lid van Trinity United Church in Chicago, een van die grootste gemeentes van wat hier by ons die Kongregasionalistiese Kerk heet.

Die kritiek is dus nie dat Obama ’n kerklose heiden is, ook nie dat hy sy politiek in sy Christelike geloof probeer anker nie, maar eerder oor die kerk waarvan hy lid is, en dié se aanstootgewende boodskap.

Trinity Church is ’n swart kerk met wat hulself ’n “onapologetiese” Christelike getuienis noem. Vir hulle is Christelike geloof persoonlike bekering én sosiaal-politieke verantwoordelikheid; die kerk is diep gemeenskaps- en wêreldbetrokke. Hulle getuig teen oorlog én bendegeweld, teen rassisme én ekonomiese onderdrukking van steeds miljoene in die VSA. Die opbou, behoud en bemagtiging van die swart gemeenskappe is al dekades deel van hul praktiese geloofsgetuienis.

Jeremiah Wright, pastoor van die gemeente, preek hartstogtelik teen militarisme en die VSA se voortou-rol daarin, teen die nuwe voorspoedsteologie en die gepaardgaande materialisme. Hy pleit om ’n sober lewenstyl.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home