2007-05-29

Nie omdat hulle dit verdien nie, maar net uit genade

Bekendes en kenners gee hulle mening oor die Jaco van der Westhuyzen T-hemp debat.

OP skool was godsdiens net so deel van spansport soos lemoenwiggies deel was van halftyd. Voor die wedstryd het ’n spangebed saam met Deep Heat-dampe en die reuk van varsgesnyde gras opgegaan. Ná die wedstryd is ’n dankgebed uitasem in ’n gebedskringetjie opgestuur. En tydens die wedstryd het elke speler sy stil skietgebedjies saam met sy hart in sy ore voel klop.

Ná die Bulls se Super14-oorwinning lyk dit of godsdiens en spesifiek Christenskap nog net so lewend in beroepsrugby is. Suid-Afrika se rugby-en-braaivleis-kultuur het eintlik nog altyd ’n stil vennoot gehad: godsdiens.

Verlede Saterdag het dié vennoot sy stem duidelik laat hoor toe Jaco van der Westhuyzen ná die Bulls-oorwinning met sy “Jesus is King”-hempie gepronk het. Tóé kyk almal met hernieude aandag hoe die Bulls ná die wedstryd mekaar biddend om die skouers gryp.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home