Erwin McManus
Neels Jackson doen verslag oor Erwin McManus se optrede gister by Moreletapark.
McManus, wat sy kerk in ’n nagklub bedryf, het ’n hele klompie onkonvensionele gedagtes by sy gehoor gelaat.
Hy het byvoorbeeld vertel dat hy in ’n stadium begin het om uit die Kinderbybel te preek.
Sy vrou het vir hom gesê die mense dink hy beledig hulle intelligensie, maar hy het gesê dis presies wat hy wil doen.
Hy wou vir hulle wys dis nie ’n hoë intellektuele taak om Jesus te ken nie.
“Jy ken nie vir Jesus oor jy slim is nie.”
Hy het ’n paar maal klem gelê daarop dat dit belangrik is om eerlik te leef.
’n Mens kan ’n jaar lank oor gasvryheid preek, maar as die mense nie sien dat jy gasvryheid leef nie, gaan hulle dit ook nie doen nie, het hy gesê.
Sy kerk, waarheen mense stroom, het nie ’n evangelisasieprogram nie, het hy gesê.
Hulle maak bloot vriende met mense wat nie gelowiges is nie.
Baie nie-Christene hou nie van die kerk nie omdat hulle kerkmense as arrogant en veroordelend beleef, het hy gesê.
Hy het kerke ook gekritiseer omdat kerkmense nie ingestel is op die nood van die wêreld nie, maar net op hul eie gemak.
Hy het ’n vergelyking getref tussen ’n sterk skrum en hoe die kerk behoort te funksioneer, maar gesê pleks van ’n skrum is kerke dikwels ’n jacuzzi.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home