2007-05-09

Ek is in die kerk om gedien(s) te word

Elsje Büchner se rubriek in die Beeld van Maandag.

Die kerk dra swaar aan ’n stuk bagasie wat haar erg in haar werksaamhede en die nakoming van haar roeping strem.

Nee, dit is nie apartheid nie, dit is ’n kerkbegrip wat absoluut rondom lidmate se gemaklikheid sentreer.

Ek noem dit die “ek is hier om gedien(s) te word”-kerkbegrip.

’n Mens kom om ’n braaivleisvuur of kuiertafel baie maklik agter wat mense se kerkbegrip is.

Naas die misdaad, politiek, rugby en krieket, sorg godsdiens, die kerk en die arme dominee vir vurige gesprekke!

Van die frases wat ek hoor, laat my eintlik skrik, want dit weerspieël ’n gebrek aan insig en deurdagte kennis én die aanvaarding van ’n eg Bybelse siening oor wat die taak van ’n gelowige en die rol van ’n kerk is.

Van die frases wat kenmerkend is van die “ek is hier om gedien(s) te word”-kerkbegrip, is frases soos:

) Ek kom kerk toe om iets vir die week te kry.

) As die kerk my geld wil hê, kan hulle dit kom haal.

) Ek het die dominee jare laas gesien.

) Ek is regtig baie besig, moenie nog iets van my vra nie.

) As hulle nog een maal sê ek moet iets doen, dan gaan ek loop!

) Ek weet nie mooi hoe werk die goed in die gemeente nie.

) Die kerk moet my kultuur in stand hou.

) Die kerk moet ingestel wees op my spesifieke behoeftes (en as dit nie gebeur nie hou ek my dankoffer terug!)

) Die kerk mag nie te reguit wees oor dinge wat verkeerd is nie.

) Moet my net nie vra om met ander oor die Here te praat nie – ek is nie ’n goeie prater nie en dit maak mense (en vir my) in elk geval ongemaklik.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home