2007-05-09

Die Nagmaal, moderne gelykenis

Laurie Gaum vertel 'n moderne gelykenis ...

Dit is Manenberg, Kaapse Vlakte. Dis Suid-Afrika van die tagtigerjare. Die Anglikaanse priester, oorspronklik van Engeland afkomstig, is oudergewoonte aan die nagmaal bedien in sy gemeente. ’n Diens soos male sonder tal: Die gerusstellende herhaling van die ou ritueel.

Die woorde ken reeds hul pad oor die priester se tong – die lewegewende woorde waarvoor hy so lief is: “Christ has died. Christ is risen. Christ will come again.”

Die priester maak, soos soveel ander kere, die draai in die liturgie waarna die oomblik kom dat die wyn tot bloed verklaar word. Maar dié keer word sy ritme gestuit deur drie, vier harde klapgeluide wat die gewyde stilte deurpriem. Eers dink die priester dis ’n gloeilamp wat iewers in die kerk bars.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home