2007-05-18

Die Burger

Wie staan in die pad van kerkeenheid?

Dana Snyman vertel onlangs van die evangelis wat hulle by die pastorie kom besoek het.

Hy het by die agterdeur geklop, want hy was swart, van die NG Kerk in Afrika. Hy het op sy dikwiel-fiets gery en in die lokasie vir swart mense gepreek.

Dan was daar ook ’n ander dominee, maar hom het hulle eerwaarde genoem, al was hy wit, en hy het ook vir die swart mense gepreek.

Hy het na die kerkbasaar gekom, maar die mense het nie met hom gesels en grappies gemaak soos met die evangelis nie. Die wit eerwaarde en die swart evangelis het eenkeer saam in die dorp gery, en die evangelis het agter op die bak van die eerwaarde se Corona gesit.

Dana skryf toe maar oor hierdie dinge omdat hy gelees het dat ná al die jare steeds nie eenheid is nie tussen die NG Kerk in Afrika en die NG Kerk, waarvan hy ’n lidmaat is.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home