2007-05-29

Brief aan NG Kerk: 'Laat gay leraars toe'

'n Ope brief aan die Algemene Sinode wat volgende week vergader oor gays

Verskeie bekendes pleit in ’n ope brief aan die algemene sinode van die NG Kerk dat die kerk openlike gay predikante op die kansel moet toelaat.

Dr. Frits Gaum, gewese redakteur van die Kerkbode en skriba van die algemene sinode, is een van die organiseerders van die brief wat deur sowat 500 mense onderteken is.

Onder hulle tel bekendes soos die sanger Steve Hofmeyr, mnr. Johnny die Lange, adjunkminister van justisie, die letterkundige prof. Elize Botha, die akteur Nic de Jager en die rubriekskrywers dr. Cecile Cilliers en haar suster, Madeleine van Biljon.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home