Beeld
Johann Rossouw van die FAK reageer op die "Jesus is King" T-hemp van Jaco van der Westhuizen na die Blue Bulls se oorwinning in die Super 14 finaal.
DIE debat wat ontstaan het oor die Bulls se religieuse inkleding van hul oorwinning in die Super14-eindstryd is tot dusver gekenmerk deur twee sterk teenoorstaande standpunte.
Die een kant, wat kennelik onder Beeld-lesers in die minderheid is, wil dit hê dat religie ’n private saak is wat uit die openbare ruimte gehou moet word. Dit is goed en wel dat die Bulls toegewyde Christene is, maar ons wil dit nie openlik verkondig sien op die sportveld nie, lui dié standpunt min of meer.
Die ander kant, wat weer opsigtelik in die meerderheid is, kan glad nie sien waarom religie ’n private saak gemaak moet word nie, en gaan selfs so ver as om diegene wat religie só privatiseer, te beskuldig daarvan dat hulle nie die moed van hul oortuiging het om te sê waar hulle werklik staan nie.
Om tot ’n verantwoorde standpunt oor die kwessie te kom, is nie so maklik nie. Maar dis nie iets waarvan ons moet terugdeins nie, want die debat gaan na die hart van ’n aantal wesenlike vraagstukke van ons tyd. Soos: Waar pas religie in die samelewing in? Wat is die rol van religie in groepvorming? Wat is die verhouding tussen religie, politiek en ekonomie?


0 Comments:
Post a Comment
<< Home