2007-05-14

Beeld

Dr Nico Smith wys op die feit dat gemeenskap die essensie van die kerk is.

In haar artikel in die rubriek Godsdiens-aktueel (7 Mei) skryf ds. Elsje Büchner oor ’n kerkbegrip van “ek is hier om gedien(s) te word”. Daarteenoor stel sy dan dat dit tot die wese van die kerk behoort om te dien – na mekaar as medegelowiges om te sien en na die wêreld uit te reik. Dan sal, na haar mening, die kerk weer wees “soos wat die Here dit bedoel het”.

Natuurlik is die dienskarakter van die kerk van die uiterste belang, maar beslis nie van eersterangse belang nie.

Die kerk is in die eerste plek ’n gemeenskap van gelowiges in Christus en in hul gemeenskap met Christus en mekaar, neem hulle die gestalte aan van die liggaam van Christus in die wêreld as ’n dienende liggaam.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home