2007-05-14

Beeld

Isak Burger reken godsdiens is besig om weer veld te wen.

Die afgelope jare probeer mense vanuit verskillende oorde en op verskillende wyses te kenne gee dat godsdiens (in die breedste sin van die woord) sy dag gehad het en sy plek en invloed in ons huidige samelewing verloor.

Van die meer dramatiese stellings in die verlede was Friedrich Nietzsche se in memoriam- simpatie met “God se dood” en John Lennon se aankondiging oor die Bybel se “mindere” gewildheid op Heathrow-lughawe toe die Beatles in hul fleur was. (Intussen is Nietzsche en Lennon dood en word daar meer Bybels as voorheen gedruk en versprei.)

Met die feitlik onbelemmerde spraakvryheid wat die media in die Weste aan mense bied, is daar gereeld sulke “Hyde Park”-kartetse wat teen veral die Christendom, die Bybel en God afgevuur word. Neem ook nie weg die oën-skynlik wetenskaplik gefundeerde boeke teen God en die Bybel deur persone soos Richard Dawkins nie.

Dis opvallend dat dit hoofsaaklik die Christelike godsdiens en die Bybel is wat aan sulke ongebreidelde kritiek onderwerp word.

Ek wonder hoekom? Miskien is die Bybelkritici net te bang om iets teen die Koran kwyt te raak?

Christene, selfs die sogenaamde fundamentaliste, dreig andersdenkendes deesdae nie sommer met die dood nie!

Teen dié agtergrond is daar egter ’n interessante tendens wat die laaste jare wêreldwyd ontstaan het. Dit word vervat in die begrip “Die terugkeer van godsdiens uit ballingskap.”

0 Comments:

Post a Comment

<< Home