Grondhervorming - en hoe dit die kerk raak
Neels Jackson se artikel oor grondhervorming in 5 Maart se Beeld.
Kyk ’n mens na ’n kaart van Mpumalanga waarop die dele aangedui word wat deur grondeise geraak word, is daar min wat van die provinsie oorbly.
Hele plattelandse gemeenskappe word ingrypend daardeur geraak en die kerk wat hulle bedien, uiteraard ook.
Ds. Henry van der Schyff, uitvoerende amptenaar van die NG Kerk se Oos-Transvaalse sinode, sê een vlak waarop die kerk geraak word, is deurdat lidmate se sekerhede en uiteindelik selfs hul geloof aangetas word.
Uit gesprekke met dominees en uit ’n sinodale verslag oor die situasie kom ’n prentjie na vore van sommige lidmate – nie almal nie – wat soos die Bybelse Job in ’n worsteling met God gedompel word.
Mense wat geslagte lank op een plaas boer, wie se hele lewe in die landbou gewortel is, voel hulle word van dit alles ontneem.
Ds. Hancke van Blerk, predikant van Piet Retief, verwys na die sielkundige Maslow se teorie van menslike behoeftes. Op die heel basiese vlakke – die behoeftes aan kos en klere, aan die sekuriteit van woonplek – dáár word mense getref, sê Van Blerk.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home