2007-03-21

Beeld

'n Baie gebalanseerde uiteensetting van die kwessie of gays gebore of gemaak word.

Die nasionale gay- en lesbiese taakgroep van die VSA (en ’n paar kundiges) sê gays het nie ’n keuse oor hul seksuele oriëntasie nie.

Dit is ’n suiwer genetiese saak en hulle het geen beheer daaroor nie. ’n Mens word só gebore. Aanvaar dit en leef daarmee saam.

Maar is dit werklik so?

In ’n onlangse artikel deur Neels Jackson in Beeld het hy die aangrypende verhaal van pastoor Duncan Bouwer vertel wat 12 jaar gelede “eksklusief homoseksueel” was.

Duncan het self besluit om te verander nadat hy tot die oortuiging gekom het dit is wat God van hom verwag.

Op sy webwerf www.exgayman.org vertel Duncan sy verhaal. Jackson skryf: “Ja, Duncan geniet seks met sy vrou.”

Hy erken hy sal waarskynlik nooit heeltemal heteroseksueel wees nie, maar hy is vry genoeg om hom as man vir sy vrou en as pa uit te leef.

Sommige mense kán dus ’n keuse uitoefen. Wat is die onderliggende dinamika van dié keuse?

...

Die langverwagte verslag van die NG Kerk se taakgroep oor homoseksualiteit met aanbevelings is gefinaliseer en word in Junie bekend gemaak. Wanneer die algemene sinode dan sy standpunt formuleer, sal hy natuurlik na die teologiese debat kyk, maar hy moet ook kennis neem van hoe die wetenskap die saak kan belig.

Daar is vanuit ’n wetenskaplike oogpunt gays wat nie heteroseksuele lewens kan lei nie en nie die lewe in sy volheid kan ervaar as hulle nie in ’n gay-verhouding mag staan nie. Soos die kerk ’n skisofreen en sy gedrag (beide as ’n pakkie) in liefde moet aanvaar, hoeveel te meer nie ook die gay en sy gedrag (beide as ’n pakkie) nie?

Daar is vanuit ’n wetenskaplike oogpunt ’n tweesnydende swaard vir sommige gays: Daar is van hulle wat wel as heteroseksuele volle lewensgeluk kan smaak en ook hulle moet bereid wees om in die volle liefde van die kerk vermaan te word.

Dit is uiteraard ’n besonder komplekse kwessie en die vraag is of die sinode nie tog maar sy gesag kan afwentel nie na ’n gemeente (wat dit selfs verder oordra na ’n gebedsgroep), wat erns daarmee maak om ’n gay-lidmaat (of selfs gay-predikant) te leer ken en lief te hê.

Dit is op dié vlak waar al die omstandighede bekend is.

Biddend en in volle afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees kan dan op dié vlak besluit word of die broer en suster in al die voorregte van die kerk, insluitend die kansel, kan deel.

Nadat dít alles gesê is, glo ek nie dat Christus my eendag gaan vra of ek die gay-genetika verstaan het óf die uitsprake van Paulus in konteks nie, maar of ek die gay werklik liefgehad het, saam met hom brood gebreek het, saam met hom na die armes omgesien het en nie tou opgegooi het tot die wederkoms nie.

) Dr. Albert Alberts is ’n onkoloog wat die afgelope drie dekades navorsing doen oor die uitwerking van die omgewing op die DNS van pasiënte en hoe die veranderings weer selfunksie beïnvloed.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home